praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Winnie, Malema en die boere

Winnie, Malema en die boere

E-pos Afdruk PDF
Winnie Madikizela-Mandela het president Jacob Zuma die skuld vir die dissiplinêre klagtes teen Julius Malema gegee.

Madikizela-Mandela het Woensdag gesê die besluit om die ANC-jeugliga leier aan te kla was Zuma se keuse. Sy het getuienis by die verhoor by die Rand-stadion in Turffontein gelewer.

Die vervolgingspan het nie vir Zuma of die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe as klaers opgegee nie. Mantashe getuig teen Malema terwyl Zuma verkies het dat Lindiwe Zulu namens hom getuig.

In een van die klagtes van die ANC-span, onder leiding van Andries Nel, word beweer dat Malema skuldig is aan die oortreding van Reël 25,5 (d) van die ANC-grondwet omdat hy rassisme en politieke onverdraagsaamheid saai.

Nel beweer dat Malema die ANC-grondwet ondermyn het, toe hy op 9 Mei tydens 'n ANC-saamtrek in Galeshewe, Kimberley, die volgende opmerkings gemaak het: "Hulle [blankes] het ons land in wildplase omskep... Die gewillige koper, gewillige verkoper [stelsel] het misluk. "

In haar getuienis, het Madikizela-Mandela gesê daar is niks verkeerd met sy uitsprake nie, en volgehou dat die stryd teen apartheid nog altyd oor grond was.

In sy verdediging, het Malema die kommentaar geregverdig. Hy het gesê dat die beginsel van "gewillige koper, gewillige verkoper is verantwoordelik vir die stadige pas van grondhervorming".

Hy het ook gesê dat in "10 jaar van demokrasie, slegs sowat 3% van landbougrond deur die grondhervormingsprogram oorgedra is".

Malema het ook gevra dat Nel die ANC-staatmaker Govan Mbeki se lesing oor die kleinboere-opstand, wat in 1964 gepubliseer is, lees.

"In die vroeë 1990's," het Malema aangevoer, "ná die ontbanning van die vryheidsbewegings, het die Wêreldbank die ANC oortuig dat 30% van kommersiële landbougrond in die voormalige wit gebiede oorgedra moet word aan 600 000 kleinboere deur middel van 'n mark-geleide program vir die herverdeling van grond. Maar dit blyk veel moeiliker te wees as wat verwag is."

Malema meen dat nasionalisering van grond 'n blywende oplossing bied.

Die verhoor is tot November 3 verdaag.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: