praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus 'DA nie kampvegter vir Afrikaners nie'

'DA nie kampvegter vir Afrikaners nie'

E-pos Afdruk PDF
Die Gautengleier van die Vryheidsfront Plus en LPW, mnr Jaco Mulder is tydens die party se provinsiale reorganisasie die naweek in Meyerton, Midvaal onbestrede as VF Plus leier van die provinsie herkies. Adv Anton Alberts, LP en Dr Conrad Beyers, raadslid in die Tshwanemetro is as ondervoorsitters verkies.

Mulder het tydens hierdie geleentheid gesê dat die VF Plus 'n belangrike rol het om te speel in die Suid-Afrikaanse politieke landskap as kampvegter vir selfbeskikking en die beskermer van minderheidsregte. Die party is ook gereed om in Gauteng sy rol as diensleweringswaghond te vervul en veral ook in die DA-beheerde raad van Midvaal waar die vergadering plaasgevind het.

Die inwoners van Midvaal is 'n brose gemeenskap wat mislei word deur die DA-beheerde raad. Die raad is vir 'n geruime tyd reeds in omstredenheid gehul na bewerings van grootskaalse korrupsie terwyl die DA Midvaal voorhou as 'n voorbeeld van sukses en skoon administrasie.

Die DA is geen beskermer van die grondwetlike regte van Suid Afrikaners en die inwoners van Midvaal nie en die res van Suid-Afrika moet daarteen beskerm word. Die DA en ANC is twee teen-pole van dieselfde munt wat totaal uit voeling is met die werklikhede van Suid-Afrika en maak van partypolitiek 'n karikatuur, het Mulder gesê.

Suid-Afrika benodig 'n nuwe akkoord. Mulder het verder 'n beroep op die vergadering gedoen om mense aan te moedig om 'n party te steun wat hul belange kan dien en nie bloot op 'n basis van "my vyand se vyand is my vriend" te stem nie.

Lede wat tot die VF Plus Dagbestuur in Gauteng verkies is, is as volg:

Kol Piet Uys, mnr Philip van Staden, Dr Dan Roodt, Corrie Pypers, mnr Franco de Lange, me Amanda de Lange, me Carien Nefdt, mnr Francois Cloete, mnr Sakkie du Plooy, mnr Christo Smith, Wiebe Schultz en me Linnette Badenhorst. Mnr Werner Human en mnr Helgard Cronje is as jeugverteenwoordigers op die dagbestuur aangewys.

Afgevaardigdes na die VF Plus Federale Raad sluit in:

Mnr Philip van Staden, mnr Franco de Lange, Dr Dan Roodt, me Karin Roodt, mnr Corrie Pypers, me Carien Nefdt, mnr Francois Cloete, mnr Sakkie du Plooy, Dr Conrad Beyers, me Amanda de Lange en mnr Jean Kriek (Jeugleier: Gauteng).


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: