Dié is een van baie aksies waar die VF Jeug, beelde van oud-Boere-Afrikanerleiers gaan skoonmaak. Die projek het juis ook gekom na Paul Krugerdag op 10 Oktober.
Deur dié optrede wil die jeug die oud-President vereer vir sy onbaatsugtige werk. Volgens Francois Cloete, VF Tuks leier , wil die jeug die behoud van die Afrikaner se erfenis beklemtoon en deur hierdie aksies kan die Afrikaner-jeug weer trots raak op sy geskiedenis. Francois het ook verder bygevoeg dat hulle as Afrikaner-jeug die toekoms is en dat die jeug die geskiedenis verder moet laat herleef vir ons kinders en kleinkinders.
Daar word ook beoog om die Andries Pretorius- en Sarel Cilliers-beelde by die Pretoria Stadsaal en ook die Genl. Louis Botha-beeld voor die Uniegebou te gaan skoonmaak. Die VF+ Jeug gaan die Paul Kruger-Standbeeld-skoonmaak 'n jaarlikse instelling maak in Oktobermaand, ter herdenking aan die nagedagtes van die ontslape President.
Daar is tans 'n oplewing onder die Afrikaner-jeug en ons kan groot dinge te wagte wees.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





