"Die is nie die beskuldigde se weergawe dat hulle na Terre'Blanche se huis gegaan het met die bedoeling om hom te vermoor nie," het Kgomotso Tlouane gesê.
"Hy sal getuienis lewer oor hoe semen op die oorledene se geslagsdele gekom het."
Tlouane het gepraat tydens die getuienis van kapt. Jan Louw. Louw het getuig oor die misdaadtoneel en sy polisieverklaring.
Adv. Zola Majavu, wat vir die minderjarige optree, voer aan dat Louw die AWB-leier se familie wou beskerm.
"Die rede hoekom jy uitgelaat het dat semen op die penis gevind is, is omdat jy nie Terre'Blanche se familie wou verneder nie."
Praag het reeds vroeër oor die aangeleentheid berig.
Die hof het vroeër gehoor dat die polisie Mahlangu weggewys het toe hy hulle genader het oor die manier waarop Terre'Blanche hom behandel nie.
Die verhoor duur voort.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





