praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Nog 'n boer koelbloedig vermoor

Nog 'n boer koelbloedig vermoor

E-pos Afdruk PDF
Beeld berig dat 'n boer van Limpopo minstens agt ure lank dood en bebloed op die grasperk voor sy huis gelê het. Hy is Dinsdag in die agterkop geskiet.

Douw Brummer (50) was van die plaas Goedgedacht in die Dwaalboom-gebied.

Lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê werkers van Brummer het eers Woensdag op sy lyk afgekom.

Brummer het alleen op die plaas gebly.

Die veiligheidsverteenwoordiger van TLU SA Noord, Pieter Roets, sê: "Dit was 'n koelbloedige moord," omdat die moordenaars Brummer glo ingewag het.

Brummer het voorheen onraad vermoed nadat daar by hom ingebreek is. Hy het aan sy bure 'n foto van die man gewys wat hom glo leed wil aandoen. Die foto is ook aan die polisie gewys. Volgens Roets was dit nie 'n werker van Brummer nie.

Otto het gesê die moordenaars het Brummer se sleutels gevat, die kluis in die huis oopgesluit en wapens gevat. Brummer se selfoon is ook gesteel.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Spoorsnyers fynkam tans die gebied.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: