praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus AWB wag, moordenaar lag

AWB wag, moordenaar lag

E-pos Afdruk PDF
Die moordverhoor van die twee mans wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre'Blanche in Ventersdorp is deur 'n groep AWB-ondersteuners in kakieklere bygewoon wat buite die hof gewag het.

Omtrent ses polisievoertuie was reeds vroegoggend buite die hof geparkeer, terwyl die klein groepie AWB-ondersteuners hulleself oorkant die straat onder 'n gazebo tuisgemaak het.

Hulle het die dag in gebed begin, voordat een ondersteuner 'n klankstelsel van 'n motor met 'n AWB vlag bedek, aangeskakel het om die lied De La Rey te speel.

Die woorde "Die boer is hier om te bly" is op plakkate met die ou Suid-Afrikaanse vlag vertoon.

"Ons wil geregtigheid hê," het 'n ander gelees met Eugene Terre'Blanche se gesig daarop afgedruk. Hulle was huiwerig om met die media te praat en het net skouerophalend op vrae gereageer.

Plaaswerker Chris Mahlangu, wat daarvan beskuldig word dat hy die AWB-leier op 3 April verlede jaar in sy Noordwes-plaashuis oor 'n oënskynlike loongeskil doodgeslaan het, het ontspanne gelyk in die hofsaal. Hy verskyn saam met 'n tiener wie se naam nie genoem mag word nie.

Dié besluit is geneem in weerwil daarvan dat die Skielik-skieter, Johan Nel, ook minderjarig was tydens die aanval in 2008 waarin 4 swartmense gedood is. Nel se aansoek om appèl is intussen ook afgekeur.

Terre'Blanche se moordenaars het in Mei verlede jaar in die hof verskyn. Mahlangu se eerste prokureur, Puna Moroko, het vroeër onttrek weens die gebrek aan befondsing van Regshulp SA.

Na aanleiding van Moroko se onttrekking, het Regshulp SA Advokaat Khomotso Tlouana aangestel om Mahlangu te verteenwoordig.

Die saak is toe vertraag omdat Tlouana tyd nodig gehad het om homself vertroud te maak met die gebeure.

Terre'Blanche se broer Andries was nie beïndruk met die vertragings nie.

Hy het ook gekla oor Mahlangu se houding.

"Jy kan sien hy lag. Hy is 'n held.

"Aan die einde van die dag sal hy die straf wat hy verdien kry," het 'n emosionele Andries gesê, wat 'n gordel met 'n AWB-kenteken op die gespe gedra het.

Die saak duur voort.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: