praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Seks en uitbuiting ET-moordenaar se verweer

Seks en uitbuiting ET-moordenaar se verweer

E-pos Afdruk PDF
'n Minderjarige het die aand van die moord op Eugene Terre'Blanche erken dat hy die leier van die AWB vermoor het, het die hof Maandag gehoor.

"Ek het omstreeks 17:55 op 3 April 2010 'n oproep ontvang. Die spesifieke oproep was anders omdat die persoon gesê het 'ek en my vriend het Terre'Blanche vermoor," het Klaas Nkathule, datavaslegger by die plaaslike polisiekantoor, gesê.

"Ek het gevra waarvandaan hy bel... hy (die minderjarige) het gesê hulle kruip weg in 'n kamp op 'n nabye plaas. Hy het gesê 'ons wil na die polisiekantoor kom, maar ons is bang vir witmense van ander plase, omdat hulle ons kan kry en doodmaak'."

Die tiener het aan Nkathule gesê Terre'Blanche het hulle nie vir die dag se werk betaal nie.

"Ek kon hoor dat die persoon aan die ander kant van die lyn nie 'n volwassene was nie."

Die hof het vroeër gehoor dat die minderjarige enige aandeel in die moord ontken.

"Op die gegewe dag het die beskuldigde die huis deur 'n oop venster binnegegaan. Hy het gesê die oorledene was toe reeds vermoor en dít verduidelik hoekom bloed op sy klere gevind is," het adv. Norman Arendse gesê.

"Hy sal enige deelname in die moord van die oorledene ontken, hy sal ontken dat hy die oorledene beroof of enige van die oorledene se items verkoop het. Hy sal ontken dat hy die oorledene se motor wou steel."

Arendse het gesê niemand verdien om te sterf soos Terre'Blanche nie, maar sê hy was nie die enigste slagoffer in die saak nie.

Hy het gesê die minderjarige was veronderstel om die die skool te wees.

"Ons het 'n situasie van kinderarbeid... uitbuiting van die kind... en indien die hof 'n ondersoek sal doen, sal hy die haglike omstandighede sien waarin die beskuldigde op die plaas gewoon het," het Arendse gesê.

"Die toestande is nie geskik vir menslike verblyf nie. Die beskuldigdes, veral beskuldigde nommer twee (die minderjarige), is erg verneder in die hele situasie."

Arendse het gesê die kind is omgekoop met alkohol en daar is bewerings van fisieke -, seksuele - en verbale mishandeling. Arendse het gesê die tiener was bang vir Terre'Blanche en dat hy dikwels in kru taal uitgeskel is.

Hy het aangevoer dat die minderjarige gedeeltelike betaling vir sy werk ontvang het en "sover as wat dit hom (die minderjarige) aangegaan het hy geen rede gehad om op die oorledene te skel nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: