André Olivier bied sy ry-Indrukke van nuwe modelle.
Audi TT 2.0T FSi Quattro S-Tronic
Enjin Kapasiteit: 1984 cc 4 sil Petrol Turbo
Kraglewering: 155 Kw
Wringkrag: 350Nm Wringkrag
0-100 km/u: 5,6 sekondes
Spoed: 243 km/u
Verbruik: 7,2 l/100 km
Uitlaatgasse: 169Co2 g/km
Ons hou van: Die motor se sagte vroulike voorkoms het plek gemaak vir ‘n sterk forse sportiewe stans. Die motor lyk sommer meer doel gerig en nie minder soos ‘n mode bykomstigheid. Die DSG ratkas is ook besonders akkuraat en direk. Padhou vermoë is uitstekend met die Quattro aandrywing wat die vier bande letterlik geplant hou. Audi se binneruime is wêreld wyd bekend vir die afwerking en kwaliteit, die TT stel ook nie hier teleur nie, puik material en uitleg. Die TT is ook practise, jy sien dit is ‘n volbloed sportmotor met vier sitplekke en genoeg laairuimte vir ‘n naweek sak of twee. Die 2-lieter turbo enjin suig min voggies en bied dus die beste van twee wêrelde, hierdie is ‘n Springbok flank op Sarie se loopplank!
Wat pla: Die TT se binneruim is nie anders as die van enige ander Audi nie, of jy binne in die R8 of die nuwe A1 sit, hulle almal lyk en voel identies. Toegang tot die agterste sitplekke is nogal moeilik, dit is asof die voorste sitplekke nie ver genoeg kan vorentoe vou sodat die agetrste sitplekke bereik kan word nie. Teen R527 000 is die TT wel goedkoper as die BMW Z4 maar duurder as Mercedes se SLK, maar dit bly baie duur vir so ‘n klein motortjie.
Jeep Patriot Limmited
Enjin Kapasiteit: 2360 cc 4 sil Petrol
Kraglewering: 125 Kw
Wringkrag: 220Nm Wringkrag
0-100 km/u: 10,8 sekondes
Spoed: 180 km/u
Verbruik: 8.4 l/100 km
Uitlaatgasse: 196 Co2 g/km
Ons hou van: Amerikaanse motors kon nog nooit die styl en finesse van die Europeers baasraak nie, maar die 2010 Jeep Patriot Limmited is die eerste Amerikaner wat ek raakloop wat regtig baie naby kom. Die kwaliteit leer en ander material in die binneruim is puik. Ruimte vir vyf volwassenes en nog genoeg pak plek vir hul bagasie. Daar is hope pak plek vir klein goedjies. Die motor is reg in die kol wat gerief aanbetref en dan kan jy al die gate in ons paaie ook trotseer, want die Jeep het permanente vier wiel aandrywing. Daar is ook netjies uit voubare luidspreker in die bagasiebak deksel en selfs ‘n ingeboude verwyderbare flits liggie in die agterklap. Die paneelkussie het netjiese rakkies vir blikkies koeldrank en dit hou werklik die drinkgoed koud ook d.m.v die lugversorger wat ‘n spesifieke uitlaat in die kussie het. Ons baie van die prys, R299 000 vir ‘n regte Jeep met regte vermoëns in jou motorhuis!
Wat ons pla: Die feit dat die res van die Jeep reeks nie kan kers vashou by die Patriot nie. Die Patriot is die intree vlak Jeep en hy bied soveel, maar die reputasie van die res van die reeks kortwiek die Patriot se ware kwaliteite.
Jeep Wrangler Unlimited Rubicon 3.8L
Enjin Kapasiteit: 3778 cc 6 sil Petrol
Kraglewering: 146 Kw
Wringkrag: 315Nm Wringkrag
0-100 km/u: 11,4 sekondes
Spoed: 180 km/u
Verbruik: 12.4 l/100 km
Uitlaatgasse: 288 Co2 g/km
Ons hou van: Hierdie lyk sommer soos ‘n rowwe kalant, hy sal ook kan ry waar kees met ‘n kierie sal sukkel. Jeep het die binneruim gemaklik probeer maak met luukshede soos ‘n raakskerm navigasie stelsel met ingeboude geheue vir al jou musiek en fotos. Die Unlimmeted weergawe het vyf deure, dus kan die agterste passasiers baie makliker in en uitklim as in die gewone 3 deur weergawe.
Wat ons pla: Dit bly 2011 en hierdie Jeep voel en lyk 1990. Hy kompeteer met voertuie soos die Land Rover Defender en Land Cruiser 76 en 78. Prys is soos gewoonlik iets waaroor ons sterk voel en teen R395 000 is die Wrangler Unlimited Rubicon 3.8L R50 000 goedkoper as die Land Cruiser maar R30 000 duurder as die Defender. Die Jeep se dak ka nook afhaal, maar dit is baie swaar en ingewikkeld en dit sal jou en jou vrou ’n rukkie neem om die ding terug te sit, bietjie onprakties.
Mitsubishi Pajero 3.2 Di-D GLS LWB Outo
Enjin Kapasiteit: 3200 cc Turbodiesel
Kraglewering: 140 Kw
Wringkrag: 441Nm Wringkrag
0-100 km/u: 9,7 sekondes
Spoed: 185 km/u
Verbruik: 8.0 l/100 km
Uitlaatgasse: 211 Co2 g/km
Ons hou van: Die Mitsubishi Pajero het ‘n fenomeen in Suid Afrika geword. Die Pajero naam is al amper ‘n alleenstaande handelsmerk. Mens vergeet dat die Pajero eintlik ‘n Mitsubishi is, dit is ‘n goeie ding want Mitsubishi is bekend vir hule betroubaarheid in veral die moordende Dakar tydren. So ons hou baie van die Pajero se reputasie. Die res van die voertuig is goed aan mekaar gesit met heelwat luukse items soos leer afwerking en elektroniese ratslotte, goeie klank stelsel en ‘n amper onstuitbare enjin. Die Pajero langas afstand wat ons gery het is dan ook die vlagskip model in Suid Afrika met alles wat enige Prado of Pathfinder bied. Spasie in die binneruim is goed, daar is tot twee wegvoubare sitplekke heel agter om die 5 sitplek binneruim in ‘n 7 sitplek binneruim te omskep.
Wat ons pla: Alhoewel die Pajero met voertuie soos die Discovery, ML of X5 wil meeding is hy nie regtig op dieselfde tegnologiese vlak as die drie nie. Die Pajero Sport wat laer op die voedsel ketting sowel as die prys leer van Mitsubishi staan bied byne alles wat die Pajero bied teen bykans R200 000 minder. Die ander veldryer in die Mitsubishi stal, die Outlander kom ook baie naby teen self nog mider as die Pajero Sport. Teen R635 000 gaan jy ‘n baie goei veld voertuig koop, maar as jy ‘n goeie modern gevorderde veldwa soek kyk gerus eers na die Britte vir alles en meer teen R10 000 minder.
Range Rover Supercharged
Enjin Kapasiteit: 5000 cc V8 Superaangejaag
Kraglewering: 375 Kw
Wringkrag: 625 Nm Wringkrag
0-100 km/u: 6,1 sekondes
Spoed: 225 km/u
Verbruik: 14,9 l/100 km
Uitlaatgasse: 348 Co2 g/km
Ons hou van: Die Range Rover is die grootste voertuig in Land Rover se stal, dit word algemeen reg oor die wêreld heen beskou as die Rolls Royce van veldwa’s. Die voertuig is alles vir almal, hy kan net so vinnig vesnel soos ‘n BMW 335i, net so lekker lang pad toer soos ‘n Mercedes S600 L, oral ry waar ‘n Toyota Land Cruiser sal sukkel. Hy sal koppe laat draai by verkeerslig, kantoor, golfbaan, kerk ag sommer oral waar jy met hom gaan. Daarby is hy net so luuks soos ‘n S600, net so groot soos ‘n Land Cruiser, net so rats soos ‘n 335i. Die leer en regte hout afwerking van die binneruim ruik en voel soos ‘n Van der Berg vertoon lokaal. Die ingeboude kameras rondom die motor is jou oë, die hidroliese lug vering wat die pad oppervlakte 500 keer per sekonde monitor hou jou op die pad en deur die diep gate in ons paaie. Die raakskerm navigasie stelsel en Harmon Cardon klank stelsel sorg vir agtergrond musiek in die boendoes. Die twee ingeboude DVD speller agter die voorste sitplekke hou die kinders besig. Dit alles terwyl die ingeboude verkoeling in jou vrou se sitplek haar koel hou en die verhitte agtersitplekke die babatjie warm hou. Hierdie is werklik alles vir almal.
Wat ons pla: Dat maar net sekeres van ons en ‘n paar ministers wat die kar sal kan koop. As jy die prys wil weet dan sal jy hom nie kan bekostig nie!
| < Vorige | Volgende > |
|---|





