Dink ‘n mens aan Jaguars dan sien jy waanbeelde van oumanskarre met lang slap neuse en hangsterte. Jaguar is ook een van die tradisionele vervaardigers wat ‘n eeu oue motorsporttradisie en ouwêreldse sjarme en styl by die hope ronddra.
Ons het onlang die
Die model wat ons gery het is die XF S; hy bevind himself so in die middel van die XF-modelreeks.
Enjin
Die groot kat word aan gedryf deur ‘n seepgladde 3-liter- V6-diesel enjin met twee turboaanjaers. Dit is sommer ‘n klomp goed in een asem wat nie werklik by ‘n Jaguar pas nie. Diesel? Ja, hoe dan nou anders, hierdie dieselenjin word ook gebruik in die Land Rover Discovery 4. Die XF S-weergawe wat ons onder hande gehad het, ontwikkel 202 Kw en wag daarvoor, ‘n enorme 600 Nm se wringkrag. Die eenheid is seepglad en sag. Die krag voel eenvoudig net onophoudelik. Jy sal nie agterkom hierdie is ‘n diesel as jy dit nie weet nie, want daar is geen geluid wat dit verraai nie: hy klink en trek net soos ‘n baie sterk V8. Jaguar het dan ook gebruik gemaak van twee paralelle turbo’s wat die XF S tot by 100km/u in slegs 6,4 sekondes
Binneruim
In egte Jaguar-tradisie is die binneruim deurspek met stylvolle dog sportiewe fokuspunte. Groot deure wat wyd oop maak en baie leer wat tesame met die allumuniuminsetsels jou binne nooi. Die XF is baie laag en sy daklyn vloei ook kwaai skuins na agter,maar daar is hope spasie binne. Dit is werklik misleidend hoeveel kop- en beenspasie beskikbaar is. Die instrumentpaneel is baie modern met groot maklik leesbare syfers en alles voel of dit net op die regte plek sit. Een van die mees indrukwekkende eienskappe van die XF se binneruim is die luginlate op die voorpaneel wat outomaties oopskuif wanneer die enjin aangeskakel word. Daar is ook nie ‘n rathefboom op die middelste konsole nie, net so ‘n groot ronde knop wat ook outomaties uitskuif uit die konsole uit wanneer die aansitterknop gedruk word. Die Jaguar het dan ook sleutellose toegang wat beteken dat jy net die sleutel in jou sak moet hê om die deure oop te sluit of die motor aan te skakel.
Op die pad
Jaguar spog nou in die XF met hulle “Adaptive Dynamic” stelsel. Hierdie stelsel is uitsluitlik in die S-weergawe van die XF beskikbaar. Lesse is geleer uit die XFR wat natuurlik die warm weergawe van die XF is. Die stelsel is baie gevorderd en verstel die onderstel om volgens die padoppervla optimaal te werk. Die stelsel ontleed die bestuurder se insette asook die beweging van die onderstel 500 keer elke sekonde en pas dan die ritgehalte daarby aan. Dit gebeur alles outomaties, hoor. Die gevolg hiervan is dat jy altyd teen optimale gerief en optimale stabiliteit oor die aarde vlieg. Daar is ook die “Aerodynamic Pack” wat die XF se reeds aggresiewe voorkoms nog meer opkikker. Die voorste gaasdraadsierrooster is nou swart, die voorste lugskorte is nou laer en daar is ‘n ry klein liguitstralende diodes of “LED”-liggies, soos dit oor die algemeen bekendstaan, gemonteer. Dit laat die reeds aggresiewe voorkoms van die XF nog meer uitstaan. Die ligte werk dan sommer ook as dagryligte. Die pakket sluit ook syskorte aan die onderkant van die deure in wat baie subtiel maar tog ‘n groot verskil aan die voorkoms van die XF S maak. Die gevolg van al die bykomstighede is dat die XF S doelgerig voel. Dis ‘n groot motor wat laag op die pad hurk, maar hy hanteer vlugvoetig en skerp. Die stuurterugvoer is uitstekend en rondomsig, ten spyte van die lae daklyn, is baie goed.
Mededingers
Jaguars was nog altyd motors wat eintlik met hulself meegeding het. Dit het dan ook veroorsaak dat daar in byne 40 jaar slegs vier modelveranderings was. Dink jy aan luukse motors wat tradisionele styl met sportiwiteit en ouwêreldse kwaliteit kombineer, is daar slegs ‘n handjie vol vervaardigers wat daaraan voldoen. Name soos Bentley, Rolls Royce en Maybach rol onwillekeurig voor jou geestesoog, maar oor die afgelope 15 jaar het ander vreemde vervaardigers soos Lexus, Infinity en selfs van die Amerikaanse ouens soos Caddilac ook aanspraak op hierdie titel begin maak. Daar is egter drie Duitse vervaardigers wat die naaste daaraan kon kom, en nou praat ons van Audi, BMW en Mercedes met Volvo wat so amper-amper daar is. So teen wie het Jaguar dan die XF gemik? Wel, ons sou sê die drie Duitsers is beslis die teiken, Mercedes Benz se E-Klas is vir seker die XF se naaste teenstaander en met die nuwe E plaaslik beskikbaar, sien ons ‘n groot kopstamp op die horison. BMW se nuwe 5-reeks is ook strate beter as enige iets voor hom en
Gevolgtrekking
‘n Jaguar bly ‘n Jaguar. Hy het nie ‘n Mercedes of ‘n BMW se gevorderde tegnologie nie. Hy het ook dalk nie dieselfde werkverrigting nie en hy word ook nie in Duitsland vervaardig nie. Wat ‘n Jaguar wel het, is styl, individualisme en baie ouwêreldse sjarme. Mercedes en BMW is nuwe status, nuwe sukses; Jaguar is ou styl, ou status, ou sukses. En, sou jy hom met ‘n Bentley of Rolls vergelyk, wat eintlik die enigste twee ander ouwêreldse vervaardigers is, is hy teen die prys ‘n ware winskoop.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





