Jy is hier: Motors

Motors

Hamilton wen in ‘n papnat België

E-pos Afdruk PDF

Lewis HamiltonDie Britse en voormalige wêreldkampioen Lewis Hamilton het ‘n papnat Spa ingepalm. Sy spanmaat en huidige kampioen Jensen Button het weens ‘n ongeluk met die Duitser Vetel sy kanse om die titel hierdie jaar weer te wen ‘n knou gegee.

Fernando Alonso, wat die afgelope paar wedrenne weer na die ou Alonso gelyk het, het seker die meeste verloor toe hy Sondag eers aan die begin van die wedren  deur Barrichello en toe sommer aan die einde van die wedren self van die baan af is. Button is nou 35 punte agter Hamilton en dit sal bitter moeilik wees om weer in te haal.

Die Australiër Mark Webber, wat tot nou toe die voorloper in die kampioenskap was, het tweede geëindig vir Red Bull. Hy is nou slegs 3 punte agter Hamilton wat die nuwe voorloper op die leer is. Die volledige uitslae is soos volg:

Plek

Nr

Bestuurder

Span

Rondtes

Tyd/Uit

Wegspr

Punte

1

2

Lewis Hamilton

McLaren-Mercedes

44

1:29:04.268

2

25

2

6

Mark Webber

RBR-Renault

44

+1.5 sek

1

18

3

11

Robert Kubica

Renault

44

+3.4 sek

3

15

4

7

Felipe Massa

Ferrari

44

+8.2 sek

6

12

5

14

Adrian Sutil

Force India-Mercedes

44

+9.0 sek

8

10

6

4

Nico Rosberg

Mercedes GP

44

+12.3 sek

14

8

7

3

Michael Schumacher

Mercedes GP

44

+15.5 sek

21

6

8

23

Kamui Kobayashi

BMW Sauber-Ferrari

44

+16.6 sek

17

4

9

12

Vitaly Petrov

Renault

44

+23.8 sek

23

2

10

17

Jaime Alguersuari

STR-Ferrari

44

+29.4 sek

11

1

11

15

Vitantonio Liuzzi

Force India-Mercedes

44

+34.8 sek

12

 

12

22

Pedro de la Rosa

BMW Sauber-Ferrari

44

+36.0 sek

24

 

13

16

Sebastien Buemi

STR-Ferrari

44

+39.8 sek

16

 

14

10

Nico Hulkenberg

Williams-Cosworth

43

+1 Rondte

9

 

15

5

Sebastian Vettel

RBR-Renault

43

+1 Rondte

4

 

16

19

Heikki Kovalainen

Lotus-Cosworth

43

+1 Rondte

13

 

17

25

Lucas di Grassi

Virgin-Cosworth

43

+1 Rondte

22

 

18

24

Timo Glock

Virgin-Cosworth

43

+1 Rondte

20

 

19

18

Jarno Trulli

Lotus-Cosworth

43

+1 Rondte

15

 

20

20

Sakon Yamamoto

HRT-Cosworth

42

+2 Rondtes

19

 

Uit

8

Fernando Alonso

Ferrari

37

Ongeluk

10

 

Uit

1

Jenson Button

McLaren-Mercedes

15

Ongeluk

5

 

Uit

21

Bruno Senna

HRT-Cosworth

5

+39 Rondte

18

 

Uit

9

Rubens Barrichello

Williams-Cosworth

0

Ongeluk

7

 

 

Wat die kampioenskap leer vir die spanne aanbetref klou Red Bull aan die bokant vas met ‘n ekele punt voorsprong bo Mclaren. Die volledige punte leer vir die spanne lyk soos volg:

Plek

Span

Punte

1

RBR-Renault

330

2

McLaren-Mercedes

329

3

Ferrari

250

4

Mercedes GP

146

5

Renault

123

6

Force India-Mercedes

58

7

Williams-Cosworth

40

8

BMW Sauber-Ferrari

27

9

STR-Ferrari

10

10

Lotus-Cosworth

0

11

HRT-Cosworth

0

12

Virgin-Cosworth

0

 

Die bestuurderspunteleer lyk egter baie belowend vir die Britse jaer Lewis Hamilton.

Plek

Bestuurder

Land

Span

Punte

1

Lewis Hamilton

Britanje

McLaren-Mercedes

182

2

Mark Webber

Australië

RBR-Renault

179

3

Sebastian Vettel

Duitsland

RBR-Renault

151

4

Jenson Button

Britanje

McLaren-Mercedes

147

5

Fernando Alonso

Spanje

Ferrari

141

6

Felipe Massa

Brasilië

Ferrari

109

7

Robert Kubica

Pole

Renault

104

8

Nico Rosberg

Duitsland

Mercedes GP

102

9

Adrian Sutil

Duitsland

Force India-Mercedes

45

10

Michael Schumacher

Duitsland

Mercedes GP

44

11

Rubens Barrichello

Brasilië

Williams-Cosworth

30

12

Kamui Kobayashi

Japan

BMW Sauber-Ferrari

21

13

Vitaly Petrov

Rusland

Renault

19

14

Vitantonio Liuzzi

Italië

Force India-Mercedes

13

15

Nico Hulkenberg

Duitsland

Williams-Cosworth

10

16

Sebastien Buemi

Switserland

STR-Ferrari

7

17

Pedro de la Rosa

Spanje

BMW Sauber-Ferrari

6

18

Jaime Alguersuari

Spanje

STR-Ferrari

3

19

Heikki Kovalainen

Finland

Lotus-Cosworth

0

20

Karun Chandhok

Indië

HRT-Cosworth

0

21

Lucas di Grassi

Brasilië

Virgin-Cosworth

0

22

Jarno Trulli

Italië

Lotus-Cosworth

0

23

Bruno Senna

Brasilië

HRT-Cosworth

0

24

Timo Glock

Duitsland

Virgin-Cosworth

0

25

Sakon Yamamoto

Japan

HRT-Cosworth

0

Laas Opdateer op Woensdag, 01 September 2010 10:06

Die kat kom weer

E-pos Afdruk PDF

Jaguar van voorDink ‘n mens aan Jaguars dan sien jy waanbeelde van oumanskarre met lang slap neuse en hangsterte. Jaguar is ook een van die tradisionele vervaardigers wat ‘n eeu oue motorsporttradisie en ouwêreldse sjarme en styl by die hope ronddra.

Ons het onlang die kans gekry om een van die nuwe generasie Jaguars onder hande te neem. Met die eerste oog opslag vat die motor jou na ‘n plek waar jy gedink het net Duitse rygoed die pad ken. Sagte vloeiende lyne met skerp aksente op die sportiewe en ‘n breë forse profiel is alles kenmerke wat meer met Europese motors as Britse rygoed geassosieer word. Die nuwe Jaguar XF lyk soos geen ander Jaguar van voorheen nie; inteendeel, hy lyk soos geen ander motor op die pad nie. Ja daar is hier en daar ‘n Ford-lyn of dalk ‘n Volvo-lyn te bespeur, maar dit vertel maar net ‘n klein deeltjie van waar die Jag vandaan kom.

Die model wat ons gery het is die XF S; hy bevind himself so in die middel van die XF-modelreeks.

Enjin

Die groot kat word aan gedryf deur ‘n seepgladde 3-liter- V6-diesel enjin met twee turboaanjaers. Dit is sommer ‘n klomp goed in een asem wat nie werklik by ‘n Jaguar pas nie. Diesel? Ja, hoe dan nou anders, hierdie dieselenjin word ook gebruik in die Land Rover Discovery 4. Die XF S-weergawe wat ons onder hande gehad het, ontwikkel 202 Kw en wag daarvoor, ‘n enorme 600 Nm se wringkrag. Die eenheid is seepglad en sag. Die krag voel eenvoudig net onophoudelik. Jy sal nie agterkom hierdie is ‘n diesel as jy dit nie weet nie, want daar is geen geluid wat dit verraai nie: hy klink en trek net soos ‘n baie sterk V8. Jaguar het dan ook gebruik gemaak van twee paralelle turbo’s wat die XF S tot by 100km/u in slegs 6,4 sekondes kan laat versnel. Die eintlike rede vir die dieselkragbron is om meer krag teen minder uitlaatgasse en laer verbruik te behaal. Wel, Jaguar kry dit uitstekend reg met die XF S; die kat pomp slegs 179g/km se koolstof die lug in en het ‘n brandstofverbruik van 6,8 l/100km. Hierdie syfers onderstreep Jaguar se strewe na volmaaktheid en bring die hele Jaguar-reeks sommer tot reg langs die drie Duitsers wat die segement vir eklusiewe missiele oorheers.

Binneruim

Die binneruim straal ouwêreldse sjarme uitIn egte Jaguar-tradisie is die binneruim deurspek met stylvolle dog sportiewe fokuspunte. Groot deure wat wyd oop maak en baie leer wat tesame met die allumuniuminsetsels jou binne nooi. Die XF is baie laag en sy daklyn vloei ook kwaai skuins na agter,maar daar is hope spasie binne. Dit is werklik misleidend hoeveel kop- en beenspasie beskikbaar is. Die instrumentpaneel is baie modern met groot maklik leesbare syfers en alles voel of dit net op die regte plek sit. Een van die mees indrukwekkende eienskappe van die XF se binneruim is die luginlate op die voorpaneel wat outomaties oopskuif wanneer die enjin aangeskakel word. Daar is ook nie ‘n rathefboom op die middelste konsole nie, net so ‘n groot ronde knop wat ook outomaties uitskuif uit die konsole uit wanneer die aansitterknop gedruk word. Die Jaguar het dan ook sleutellose toegang wat beteken dat jy net die sleutel in jou sak moet hê om die deure oop te sluit of die motor aan te skakel.

Op die pad

Jaguar spog nou in die XF met hulle “Adaptive Dynamic” stelsel. Hierdie stelsel is uitsluitlik in die S-weergawe van die XF beskikbaar. Lesse is geleer uit die XFR wat natuurlik die warm weergawe van die XF is. Die stelsel is baie gevorderd en verstel die onderstel om volgens die padoppervla optimaal te werk. Die stelsel ontleed die bestuurder se insette asook die beweging van die onderstel 500 keer elke sekonde en pas dan die ritgehalte daarby aan. Dit gebeur alles outomaties, hoor. Die gevolg hiervan is dat jy altyd teen optimale gerief en optimale stabiliteit oor die aarde vlieg. Daar is ook die “Aerodynamic Pack” wat die XF se reeds aggresiewe voorkoms nog meer opkikker. Die voorste gaasdraadsierrooster is nou swart, die voorste lugskorte is  nou laer en daar is ‘n ry klein liguitstralende diodes of “LED”-liggies, soos dit oor die algemeen bekendstaan, gemonteer. Dit laat die reeds aggresiewe voorkoms van die XF nog meer uitstaan. Die ligte werk dan sommer ook as dagryligte. Die pakket sluit ook syskorte aan die onderkant van die deure in wat baie subtiel maar tog ‘n groot verskil aan die voorkoms van die XF S maak. Die gevolg van al die bykomstighede is dat die XF S doelgerig voel. Dis ‘n groot motor wat laag op die pad hurk, maar hy hanteer vlugvoetig en skerp. Die stuurterugvoer is uitstekend en rondomsig, ten spyte van die lae daklyn, is baie goed.

Mededingers

Van agterJaguars was nog altyd motors wat eintlik met hulself meegeding het. Dit het dan ook veroorsaak dat daar in byne 40 jaar slegs vier modelveranderings was. Dink jy aan luukse motors wat tradisionele styl met sportiwiteit en ouwêreldse kwaliteit kombineer, is daar slegs ‘n handjie vol vervaardigers wat daaraan voldoen. Name soos Bentley, Rolls Royce en Maybach rol onwillekeurig voor jou geestesoog, maar oor die afgelope 15 jaar het ander vreemde vervaardigers soos Lexus, Infinity en selfs van die Amerikaanse ouens soos Caddilac ook aanspraak op hierdie titel begin maak. Daar is egter drie Duitse vervaardigers wat die naaste daaraan kon kom, en nou praat ons van Audi, BMW en Mercedes met Volvo wat so amper-amper daar is. So teen wie het Jaguar dan die XF gemik? Wel, ons sou sê die drie Duitsers is beslis die teiken, Mercedes Benz se E-Klas is vir seker die XF se naaste teenstaander en met die nuwe E plaaslik beskikbaar, sien ons ‘n groot kopstamp op die horison. BMW se nuwe 5-reeks is ook strate beter as enige iets voor hom en kan dalk net ‘n ernstige titelaanspraakmaker wees. Die feit bly egter staan dat nie een van die twee Duitsers werklikwaar met die styl van die XF kan kompeteer nie. Teen ‘n verkoopprys van R672 000 vir die Jaguar XF S Premium is die kat dan ook ‘n hele R40 000 duurder as die Mercedes E350 CDI en R42 000 duurder as die BMW 530d, maar dit is ‘n Jaguar, iets anders as die Duitse drie.

Gevolgtrekking

‘n Jaguar bly ‘n Jaguar. Hy het nie ‘n Mercedes of ‘n BMW se gevorderde tegnologie nie. Hy het ook dalk nie dieselfde werkverrigting nie en hy word ook nie in Duitsland vervaardig nie. Wat ‘n Jaguar wel het, is styl, individualisme en baie ouwêreldse sjarme. Mercedes en BMW is nuwe status, nuwe sukses; Jaguar is ou styl, ou status, ou sukses. En, sou jy hom met ‘n Bentley of Rolls vergelyk, wat eintlik die enigste twee ander ouwêreldse vervaardigers is, is hy teen die prys ‘n ware winskoop.

Laas Opdateer op Vrydag, 13 Augustus 2010 17:56

Webber wen in Hongarye

E-pos Afdruk PDF

Mark Webber van Australie het die Hongaarse Grand Prix Sondag gewen na ‘n dramatiese wedren vol haakplekke. Webber was derde na die eerste rondte agter die Spanjaard, Alonso in sy Ferrari en die Duitser, Sebastian Vetel in die ander Red Bull.

Min het hy wat Webber is geweet dat hy die wedren sou wen. Teen die 15de rondte het die veiligheidsmotor uit gekom na ‘n ongeluk. Webber se ongelooflike spoed het hom in staat gestel om sy neus voor die van Vettel te kry.

Toe hy later as Alonso in die kuipe inkom was die buffer groot genoeg om hom voor die Spanjaard te laat uitkom. Ongelukkig vir sy spanmaat Vetel moes hy ‘n strafrondte doen omdat hy agter die veiligheids motor gery het.

Hierdie flater het Webber in staat gestel om die wedren te wen. Fernando Alonso in sy Ferrari was tweede en Sebastian Vetel in die ander Red Bull derde. Weereens het die veiligheidmotor ‘n rol gespeel in die uitslag van ‘n wedren. As Vettel nie die strafrondte moes deurgaan nie sou hy verseker gewen het. Vetel was nie baie gelukkig met die situasie nie, maar moes maar tevrede wees met sy derde plek.

Die finale uitslag lyk soos volg;

Pos

Nr

Bestuurder

Span

Rondtes

Tyd/Uit

Wegspring

Punte

1

6

Mark Webber

RBR-Renault

70

1:41:05.571

2

25

2

8

Fernando Alonso

Ferrari

70

+17.8 sek

3

18

3

5

Sebastian Vettel

RBR-Renault

70

+19.2 sek

1

15

4

7

Felipe Massa

Ferrari

70

+27.4 sek

4

12

5

12

Vitaly Petrov

Renault

70

+73.1 sek

7

10

6

10

Nico Hulkenberg

Williams-Cosworth

70

+76.7 sek

10

8

7

22

Pedro de la Rosa

BMW Sauber-Ferrari

69

+1 Rondte

9

6

8

1

Jenson Button

McLaren-Mercedes

69

+1 Rondte

11

4

9

23

Kamui Kobayashi

BMW Sauber-Ferrari

69

+1 Rondte

23

2

10

9

Rubens Barrichello

Williams-Cosworth

69

+1 Rondte

12

1

11

3

Michael Schumacher

Mercedes GP

69

+1 Rondte

14

 

12

16

Sebastien Buemi

STR-Ferrari

69

+1 Rondte

15

 

13

15

Vitantonio Liuzzi

Force India-Mercedes

69

+1 Rondte

16

 

14

19

Heikki Kovalainen

Lotus-Cosworth

67

+3 Rondtes

19

 

15

18

Jarno Trulli

Lotus-Cosworth

67

+3 Rondtes

20

 

16

24

Timo Glock

Virgin-Cosworth

67

+3 Rondtes

18

 

17

21

Bruno Senna

HRT-Cosworth

67

+3 Rondtes

22

 

18

25

Lucas di Grassi

Virgin-Cosworth

66

+4 Rondtes

21

 

19

20

Sakon Yamamoto

HRT-Cosworth

66

+4 Rondtes

24

 

Uit

2

Lewis Hamilton

McLaren-Mercedes

23

+47 Rondtes

5

 

Uit

11

Robert Kubica

Renault

23

+47 Rondtes

8

 

Uit

4

Nico Rosberg

Mercedes GP

15

+55 Rondtes

6

 

Uit

14

Adrian Sutil

Force India-Mercedes

15

Ongeluk

13

 

Uit

17

Jaime Alguersuari

STR-Ferrari

1

+69 Rondtes

17

 

 

Die kampioenskap staan tans so;

Plek

Span

Punte

1

RBR-Renault

312

2

McLaren-Mercedes

304

3

Ferrari

238

4

Mercedes GP

132

5

Renault

106

6

Force India-Mercedes

47

7

Williams-Cosworth

40

8

BMW Sauber-Ferrari

23

9

STR-Ferrari

10

10

Lotus-Cosworth

0

11

HRT-Cosworth

0

12

Virgin-Cosworth

0

 

Die bestuurder kampioenskap lyk so;

Plek

Bestuurder

Land

Span

Punte

1

Mark Webber

Australie

RBR-Renault

161

2

Lewis Hamilton

Britanje

McLaren-Mercedes

157

3

Sebastian Vettel

Duitsland

RBR-Renault

151

4

Jenson Button

Britanje

McLaren-Mercedes

147

5

Fernando Alonso

Spanje

Ferrari

141

6

Felipe Massa

Brazilie

Ferrari

97

7

Nico Rosberg

Duitsland

Mercedes GP

94

8

Robert Kubica

Poland

Renault

89

9

Michael Schumacher

Duitsland

Mercedes GP

38

10

Adrian Sutil

Duitsland

Force India-Mercedes

35

11

Rubens Barrichello

Brazilie

Williams-Cosworth

30

12

Vitaly Petrov

Rusland

Renault

17

13

Kamui Kobayashi

Japan

BMW Sauber-Ferrari

17

14

Vitantonio Liuzzi

Italie

Force India-Mercedes

12

15

Nico Hulkenberg

Duitsland

Williams-Cosworth

10

16

Sebastien Buemi

Switserland

STR-Ferrari

7

17

Pedro de la Rosa

Spanje

BMW Sauber-Ferrari

6

18

Jaime Alguersuari

Spanje

STR-Ferrari

3

19

Heikki Kovalainen

Finland

Lotus-Cosworth

0

20

Karun Chandhok

Indie

HRT-Cosworth

0

21

Lucas di Grassi

Brazilie

Virgin-Cosworth

0

22

Jarno Trulli

Italie

Lotus-Cosworth

0

23

Bruno Senna

Brazilie

HRT-Cosworth

0

24

Timo Glock

Duitsland

Virgin-Cosworth

0

25

Sakon Yamamoto

Japan

HRT-Cosworth

0

 

Laas Opdateer op Maandag, 02 Augustus 2010 09:47

McLaren maak dit 1 en 2 in Kanada

E-pos Afdruk PDF

Lewis HamiltonDie Britse renjaer Lewis Hamilton het die voortou geneem in die F1-bestuurderskampioenskap tydens sy oorwinning op die  Gilles Villeneuve-renbaan in Montreal, Kanada.

McLaren het ook die voortou geneem in die vervaardigerstryd nadat Hamilton se spanmaat en huidige wêreldkampioen Jenson Button tweede oor die wenstreep gejaag het. Ferrari se Fernando Alonso moes met ‘n derde plek tevrede wees nadat die McLarens regte spoed getoon het tydens die wedren. Die twee RedBulls van Webber en Vettel was onderskeidelik  vierde en vyfde. Webber, wat die voorloper op die bestuurderspunteleer was, is nou deur beide Hamilton en Button verbygesteek. Die volledige uitslae van die Kanadese F1 Grand Prix is soos volg:

Pleknr.

 

Bestuurder

Span

Rondtes

Tyd/Uit

Wegsp

Punte

1

2

Lewis Hamilton

McLaren-Mercedes

70

1:33:53.456

1

25

2

1

Jenson Button

McLaren-Mercedes

70

+2.2 sek

4

18

3

8

Fernando Alonso

Ferrari

70

+9.2 sek

3

15

4

5

Sebastian Vettel

RBR-Renault

70

+37.8 sek

2

12

5

6

Mark Webber

RBR-Renault

70

+39.2 sek

7

10

6

4

Nico Rosberg

Mercedes GP

70

+56.0 sek

10

8

7

11

Robert Kubica

Renault

70

+57.3 sek

8

6

8

16

Sebastien Buemi

STR-Ferrari

69

+1 Rondte

15

4

9

15

Vitantonio Liuzzi

Force India-Mercedes

69

+1 Rondte

5

2

10

14

Adrian Sutil

Force India-Mercedes

69

+1 Rondte

9

1

11

3

Michael Schumacher

Mercedes GP

69

+1 Rondte

13

 

12

17

Jaime Alguersuari

STR-Ferrari

69

+1 Rondte

16

 

13

10

Nico Hulkenberg

Williams-Cosworth

69

+1 Rondte

12

 

14

9

Rubens Barrichello

Williams-Cosworth

69

+1 Rondte

11

 

15

7

Felipe Massa

Ferrari

69

+1 Rondte

6

 

16

19

Heikki Kovalainen

Lotus-Cosworth

68

+2 Rondtes

19

 

17

12

Vitaly Petrov

Renault

68

+2 Rondtes

14

 

18

20

Karun Chandhok

HRT-Cosworth

66

+4 Rondtes

24

 

19

25

Lucas di Grassi

Virgin-Cosworth

65

+5 Rondtes

23

 

Uit

24

Timo Glock

Virgin-Cosworth

50

+20 Rondte

21

 

Uit

18

Jarno Trulli

Lotus-Cosworth

42

+28 Rondte

20

 

Uit

22

Pedro de la Rosa

BMW Sauber-Ferrari

30

+40 Rondte

17

 

Uit

21

Bruno Senna

HRT-Cosworth

13

+57 Rondte

22

 

Uit

23

Kamui Kobayashi

BMW Sauber-Ferrari

1

+69 Rondte

18

 

 

Die voledige punte stand van die bestuurders en die spanne is soos volg;

Pos

Span

Punte

1

McLaren-Mercedes

215

2

RBR-Renault

193

3

Ferrari

161

4

Mercedes GP

108

5

Renault

79

6

Force India-Mercedes

35

7

STR-Ferrari

8

8

Williams-Cosworth

8

9

BMW Sauber-Ferrari

1

10

Lotus-Cosworth

0

11

HRT-Cosworth

0

12

Virgin-Cosworth

0

 

Pos

Bestuurder

Land

Span

Punte

1

Lewis Hamilton

Britanje

McLaren-Mercedes

109

2

Jenson Button

Britanje

McLaren-Mercedes

106

3

Mark Webber

Aust

RBR-Renault

103

4

Fernando Alonso

Spanje

Ferrari

94

5

Sebastian Vettel

Duitsl

RBR-Renault

90

6

Nico Rosberg

Duitsl

Mercedes GP

74

7

Robert Kubica

Pole

Renault

73

8

Felipe Massa

Brazilie

Ferrari

67

9

Michael Schumacher

Duitsl

Mercedes GP

34

10

Adrian Sutil

Duitsl

Force India-Mercedes

23

11

Vitantonio Liuzzi

Italie

Force India-Mercedes

12

12

Rubens Barrichello

Brazilie

Williams-Cosworth

7

13

Vitaly Petrov

Rusland

Renault

6

14

Sebastien Buemi

Switserl

STR-Ferrari

5

15

Jaime Alguersuari

Spanje

STR-Ferrari

3

16

Kamui Kobayashi

Japan

BMW Sauber-Ferrari

1

17

Nico Hulkenberg

Duitsl

Williams-Cosworth

1

18

Pedro de la Rosa

Spanje

BMW Sauber-Ferrari

0

19

Heikki Kovalainen

Finland

Lotus-Cosworth

0

20

Karun Chandhok

Indie

HRT-Cosworth

0

21

Lucas di Grassi

Brazilie

Virgin-Cosworth

0

22

Jarno Trulli

Italie

Lotus-Cosworth

0

23

Bruno Senna

Brazilie

HRT-Cosworth

0

24

Timo Glock

Duitsl

Virgin-Cosworth

0

Die volgende wedren is die Europese Grand Prix in Valençia, Spanje op die 27ste Junie.

Laas Opdateer op Woensdag, 16 Junie 2010 08:54

Die naweek van die Bulle!

E-pos Afdruk PDF
Mark WebberAs jy ‘n Bul-ondersteuner is, was die afgelope twee weke sekerlik van die aangenaamste weke van jou lewe. Plaaslik praat ons natuurlik van die Blou Bulle, maar in die res van die wêreld is dit die F1 Rooi Bulle wat die plek aan flarde jaag.

Die Red Bull-span van Sebastian Vettel en Mark Webber het dié jaar sover eenvoudig oorheers. Nie net hulle hulle al talle male eerste en tweede op die wegspringblokke beland nie, maar aan die ander kant van die baan op die podium ook.

Sondag se Monaco Grand Prix was soos elke tweede jaar ‘n groot skouspel,  dit is nou van die baan af. Op die befaamde straatbaan het die vonke behoorlik gespat. Die wedren is male sonder tal tot stilstand gebring vir een of ander ongeluk.

Die motors lyk my is heeltemal te kragtig en vinnig vir die kort, smal straatbaan in die suide van Frankryk. Schumacher is gepenaliseer omdat hy onwettig by Alonso verbygesteek het terwyl die veiligheidsmotor nog op die baan was. Dit was natuurlik nadat Alonso  van heel agter af moes wegspring ná hy in Saterdag se laaste vry oefenrondte ‘n ongeluk gemaak het. 

Volgens Schumacher was hy reg en Mercedes het ‘n appèl teen die penalisering van Schummie aanhangig gemaak. As mens daaraan dink dat albei die Red Bulls, sowel as Robert Kubica wat derde geëindig het,  Renault-enjins in hulle motors het was dit werklik Renault se seisoen tot dusver. Alonso se spanmaat Massa in die ander Ferrari het vierde geëindig en Alonso self 7de nadat hy die baan aan die brand gery het in die eerste helfte van die wedren. Hamilton in sy Mclaren was 5de en sy Britse spanmaat en huidigw wêreldkampioen Button, moes handdoek ingooi nadat sy Mclaren oorverhit het tydens een van die veigheidsmotors se tydjie op die baan.

Die finale uitslag van die 2010 Monaco Grand Prix lyk soos volg en die punteleer vir die spanne sowel as die bestuurders lyk so:

Posisie

Bestuurder

Span

Rondtes

Tyd/Uit

Wegspring

Punte

1

Mark Webber

RBR-Renault

78

Winner

1

25

2

Sebastian Vettel

RBR-Renault

78

+0.4 sek

3

18

3

Robert Kubica

Renault

78

+1.6 sek

2

15

4

Felipe Massa

Ferrari

78

+2.6 sek

4

12

5

Lewis Hamilton

McLaren-Mercedes

78

+4.3 sek

5

10

6

Michael Schumacher

Mercedes GP

78

+5.7 sek

7

8

7

Fernando Alonso

Ferrari

78

+6.3 sek

24

6

8

Nico Rosberg

Mercedes GP

78

+6.6 sek

6

4

9

Adrian Sutil

Force India-Mercedes

78

+6.9 sek

12

2

10

Vitantonio Liuzzi

Force India-Mercedes

78

+7.3 sek

10

1

11

Sebastien Buemi

STR-Ferrari

78

+8.1 sek

13

 

12

Jaime Alguersuari

STR-Ferrari

78

+9.1 sek

17

 

13

Vitaly Petrov

Renault

73

+5 Rondtes

14

 

 

Karun Chandhok

HRT-Cosworth

70

Ongeluk

23

 

 

Jarno Trulli

Lotus-Cosworth

70

Ongeluk

19

 

 

Heikki Kovalainen

Lotus-Cosworth

58

Stuur

18

 

14

Bruno Senna

HRT-Cosworth

58

+20 Rondtes

22

 

 

Rubens Barrichello

Williams-Cosworth

30

Ongeluk

9

 

 

Kamui Kobayashi

BMW Sauber-Ferrari

26

Ratkas

16

 

 

Lucas di Grassi

Virgin-Cosworth

25

Wiel probleem

21

 

 

Timo Glock

Virgin-Cosworth

22

Agter Veering

20

 

 

Pedro de la Rosa

BMW Sauber-Ferrari

21

Hidrolies

15

 

 

Jenson Button

McLaren-Mercedes

2

Enjin

8

 

 

Nico Hulkenberg

Williams-Cosworth

0

Ongeluk

11

 

 

Pos

Span

Punte

1

RBR-Renault

156

2

Ferrari

136

3

McLaren-Mercedes

129

4

Mercedes GP

78

5

Renault

65

6

Force India-Mercedes

30

7

Williams-Cosworth

8

8

STR-Ferrari

4

9

BMW Sauber-Ferrari

0

10

Lotus-Cosworth

0

11

HRT-Cosworth

0

12

Virgin-Cosworth

0

Pos

Bestuurder

Afkoms

Span

Punte

1

Mark Webber

Australie

RBR-Renault

78

2

Sebastian Vettel

Duits

RBR-Renault

78

3

Fernando Alonso

Spaans

Ferrari

75

4

Jenson Button

Brits

McLaren-Mercedes

70

5

Felipe Massa

Braziliaan

Ferrari

61

6

Robert Kubica

Pools

Renault

59

7

Lewis Hamilton

Brits

McLaren-Mercedes

59

8

Nico Rosberg

Duits

Mercedes GP

56

9

Michael Schumacher

Duits

Mercedes GP

22

10

Adrian Sutil

Duits

Force India-Mercedes

20

11

Vitantonio Liuzzi

Italiaans

Force India-Mercedes

10

12

Rubens Barrichello

Braziliaan

Williams-Cosworth

7

13

Vitaly Petrov

Russies

Renault

6

14

Jaime Alguersuari

Spaans

STR-Ferrari

3

15

Sebastien Buemi

Switsers

STR-Ferrari

1

16

Nico Hulkenberg

Duits

Williams-Cosworth

1

17

Pedro de la Rosa

Spaans

BMW Sauber-Ferrari

0

18

Kamui Kobayashi

Japanees

BMW Sauber-Ferrari

0

19

Heikki Kovalainen

Fin

Lotus-Cosworth

0

20

Karun Chandhok

Indiaan

HRT-Cosworth

0

21

Lucas di Grassi

Braziliaan

Virgin-Cosworth

0

22

Jarno Trulli

Italiaans

Lotus-Cosworth

0

23

Bruno Senna

Braziliaan

HRT-Cosworth

0

24

Timo Glock

Duits

Virgin-Cosworth

0

 

Laas Opdateer op Maandag, 17 Mei 2010 09:52

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL