praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Probleme soos sprinkaanplae

Probleme soos sprinkaanplae

E-pos Afdruk PDF

Soos opeenvolgende sprinkaanplae wat die land verteer.

Die profeet Joël het so na die lot van sy land verwys nadat ‘n korrupte samelewing aan die orde van die dag geword het. Vier sprinkaanswerms het op die land toegesak en alles verteer.

Die leier van die Christen-Demokratiese Party het ook dié vergelyking gebruik toe hy die situasie in Suid-Afrika beskryf het. Onder die probleme wat hy uitgewys het is die twee jaar agterstand met bloedtoetse vir dronkbestuur in die polisie se forensiese laboratorium.

Teen vanoggend sou nog ‘n paar jakkalsies bygevoeg kom word wat die wingerd verniel. Nog ‘n reisskandaal het die parlement geruk – as dié instelling nog oor so iets geruk kan word – en die onttrekking van polisielede aan die Lesothogrens om elders te gaan instaan vir stakers, dra by tot verskerpte misdaad oor die Lesothogrens.

Die grensbeveiligingskwessie is onlangs buite die hof geskik na Vrystaat Landbou die regering hof toe gesleep het oor sy versuim om sy burgers te beskerm. Nou beskuldig grensboere die polisie daarvan dat hulle nie hou by die gees van die ooreenkoms nie, en trek hulle nou weer die kortste lootjies – en dié keer is die lootjies éérs kort.

Op 8 en 9 September hou die landbou-unie, TLU-SA, sy jaarkongres. Die besprekingspunte, wat die landbou raak, kan ook as vier sprinkaanplae opgesom word: die veiligheidsituasie, grondhervorming, die vervallende infrastruktuur en klimaatsverandering.

Volgende jaar het die kiesers die geleentheid om in die nasionale landswye munisipale verkiesings die regering te straf omdat toegelaat is dat korrupsie in dié nepokratiese staat tot die vlakke kon ontwikkel dat dit self die eienskappe van Joël se sprinkaanswerms aanneem. (In die Engelse Bybel word vier verskillende soorte sprinkane vir die vier vlae beskryf).

Suid-Afrika is egter nie enige ander demokratiese land nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: