praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Waar is dit veilig?

Waar is dit veilig?

E-pos Afdruk PDF

‘n Aantal jare gelede het ‘n Suid-Afrikaanse minister die opmerking gemaak dat huisbrake in Australië meer algemeen voorkom as in Suid-Afrika.

Niemand het hom ernstig opgeneem nie.

Die minister se statistieke is waarskynlik gebaseer op dié van Nation Master, wat Australië inderdaad bo-aan die lys plaas met Suid-Afrika in die 10de plek. Hierdie tabel druk egter huisbrake per 1 000 van die bevolking uit, waar die SAPD se syfers dit in huisbraak per 100 000 van die bevolking uitdruk. Word die SAPD se eie syfers gebruik en omgewerk na dieselfde norm as dié Nation Master, klop dit hoegenaamd nie en is dit duidelik dat die twee instellings nie dieselfde syfers as grondslag gebruik nie.

Selfs al sou dit statisties die waarheid wees, is dit in Suid-Afrika so dat die totale lengte van duiwelsvurkomheining waarskynlik langer as die Chinese se Groot Muur is. Dit is afgesien daarvan dat versekeraars diefwering vereis wat aan tronktralies herinner, alarms en dikwels gewapende reaksie. Voeg hierby die groot, kwaai honde en ‘n gemiddelde voorstedelike huis in Suid-Afrika herinner goed aan Fort Knox.

Ten spyte hiervan beleef Suid-Afrika jaarliks ongeveer ‘n kwart miljoen gerapporteerde huisbrake. Omdat dit so moeilik gemaak word om in te breek word eenvoudig gekyk waar die swak skakel is, en dit is wanneer die mense tuis is, met die gevolglike skerp toename in huisrooftogte. Dit beloop nou reeds sowat 20 000 gerapporteerde gevalle per jaar, dubbel soveel as 5 jaar gelede.

Voeg hierby die moorde en verkragtings tuis wat in ander kategorieë opgeneem word, en dit is skrikwekkend, om die minste te sê.

Die afgelope week het verskeie voorvalle van moord- en roof in veiligheidskomplekse voorgekom, met die jongste die verkragting van die vrou van ‘n gospelsanger terwyl die sanger vasgebind was.

Intussen duur plaasaanvalle ongestoord voort, waar die landbouers ook intensiewe voorsorg tref, waaronder intelligensiestelsels en eie reaksiemagte.

Plaasmoorde in Suid-Afrika is statisties die hoogste voorkoms van moord onder enige identifiseerbare groep ter wêreld – selfs hoër as bruin mans in die Wes-Kaap wat tradisioneel as die hoogste ter wêreld gereken is en met bendebedrywighede verband hou.

Die regering se reaksie is om die burgery te ontwapen. Uiteindelik wil die polisie sien dat net die polisie wapens het – ‘n skrikwekkende gedagte as in gedagte gehou word hoeveel wapens die polisie jaarliks verloor. Skrikwekkend as die omvang van wapensmokkel oor die land se grense in gedagte gehou word. In die proses is dit nie die wetsgehoorsames wat bewapen word nie, maar die misdadigers.

Die regering swyg dawerend oor plaasmoorde.

Navorsers het ‘n patroon ontdek in hoe ‘n mate lande, of in die geval van die VSA  se deelstate, skielik strenger oor vuurwapens in privaatbesit word namate groot Fifa-byeenkomste daar aangebied gaan word.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: