praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Aan jou vriende sal jy geken word ...

Aan jou vriende sal jy geken word ...

E-pos Afdruk PDF

‘n Patetiese brief van ‘n Suid-Afrikaanse mediese student uit Kuba lig nog ‘n aspek uit van hoe Suid-Afrika na sy burgers in die buiteland se belange omsien.

Dit is al ou nuus dat die Suid-Afrikaanse regering voor die hof gesleep moes word om na die belange van sy burgers in Zimbabwe om te sien, en steeds erg skoorvoetend sy verpligtinge ingevolge internasionale ooreenkomste waarvan die land deelgenoot is, en volgens die grondwet ingebind word, nakom.

Die probleem is dat Suid-Afrika se vriendskap met diktatoriale lande swaarder weeg as die belange van die Suid-Afrikaanse burgers.

Hierdie student wys op die kos en haglike verblyf terwyl hulle medies in Kuba studeer. Met die geringste reënbui is hulle onder water soos die dak lek.

Hy vra dat sy naam weerhou moet word, want word die studie opgeskort is hy en sy mede-studente hul geleentheid kwyt omdat hul ouers behoeftig is.

‘n Deel van die probleem, verduidelik hy, is dat die Suid-Afrikaanse regering versuim om hul verblyf- en studiegeld aan die Kubaanse regering oor te dra. ‘n Lid van die Suid-Afrikaanse missie was ook in 2005 laas by hul verblyf.

Hy skryf verder dat hy al sy skrywe tevore aan die Sowetan gerig het, maar niks daarvan gekom het nie. Nou het hy dit maar aan ‘n Christenparty gerig met die hoop dat iemand iets aan die saak sal doen.

‘n Besoek aan verslaggewers sonder Grense se webwerf dui gou aan dat dit onwaarskynlik is dat sy e-pos aan die Sowetan Kubaanse grondgebied sou verlaat. Kuba, selfs na Raul Castro by sy diktatoriale broer Fidel oorgeneem het, is nog berug oor hoe internetverkeer aan bande gelê word.

Dit wil voorkom asof ‘n ou ekonomiese waarheid nou die Suid-Afrikaanse regering aan die hakskeen begin hap. Staatsekonomie handel oor hoe beperkte bronne ten beste aangewend moet word om aan die veelvuldige behoeftes te voldoen.

Dit, in gewone taal, beteken dat as groot bedrae geld aan luukses soos ingevoerde vuurwaens spandeer word, ontstaan ‘n tekort iewers, veral omdat daardie geld uit sirkulasie in die Suid-Afrikaanse ekonomie geneem word en nie dien om die ekonomie te stimuleer nie. Dit beteken ‘n hele klomp huise minder, ‘n hele klomp skoolboeke minder, en ‘n hele klomp geld minder om paaie in stand te hou.

Dit dui waarskynlik ook daarop dat die Suid-Afrikaanse Gesondheidsdepartement nie die gelde hef vir mediese dienste aan burgers van buurlande gelewer nie, soos die internasionale ooreenkomste bepaal. Trouens, verlede jaar was die totale tekort op die Suid-Afrikaanse gesondheidsbegrotings – die van provinsiale gesondheidsdepartemente ingereken – gelykstaande aan die bedrae deur buurlande verskuldig, en onbetaalde hospitaalrekenings sedert 1997.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: