15:15:00 Die Zuma-hofsaak het die potensiaal - nee, die waarskynlikheid - om ʼn grondwetlike krisis in Suid-Afrika te veroorsaak. Die strategie van die Mbeki-kamp, wat deur Brittanje en Amerika ondersteun word, was nog altyd om Zuma so met hofsake vas te draai dat hy uiteindelik sy aanspraak op die presidentskap sal moet prysgee.
Soos in Zimbabwe, misgis die Britte hulle egter totaal met hul netjiese strategie om van Zuma met ʼn eenvoudige hofsaak ontslae te raak. Sy ondersteuners, van die ANC-jeugliga en Cosatu tot Matthews Posa, het dit al onomwonde gestel dat Zuma gaan president word, al is dit nou vanuit ʼn tronksel.
Maar Zumag gaan nie tronk toe. In weerwil van ʼn reeks skuldigbevindings op veel ernstiger aanklagte, het niemand dit nog gewaag om vir Winnie Mandela ʼn oranje uitrusting aan te trek nie.
Indien Zuma skuldig bevind word, gaan hy vir seker appeleer en uiteindelik sal dit by die Grondwethof eindig. Daardie hof sal dan die keuse hê om Zuma en sy ondersteunders te konfronteer of eenvoudig die knie te buig en hom op een of ander tegniese grondslag onskuldig te verklaar.
Indien die Grondwethof hom wel skuldig bevind, gaan dit ʼn grondwetlike krisis veroorsaak want Zuma, met sy miljoene ondersteuners agter hom, sal heel waarskynlik weier om dit te aanvaar. Nie net gaan dit ʼn grondwetlike krisis veroorsaak nie, maar die kanse is goed dat daar selfs die begin van ʼn revolusie kan uitbreek, veral indien die staat sy veiligheidsmagte sou gebruik om teen Zuma, Cosatu en die ANC-jeugliga op te tree.
Suid-Afrika is net ʼn haarbreedte van ʼn Zimbabwe verwyder. Vele mense wat aan die illusies oor “demokrasie” ly waarmee die Britte en die Amerikaners ons gebreinspoel het, glo egter dat die reg soos in ʼn Westerse land ordelik sy gang sal gaan.
Vir hulle, asook vir Brittanje en Amerika wat die huidige bestel via hul marionet De Klerk in 1994 op ons afgedwing het, wag daar ʼn baie groot verrassing.
Onthou: u het dit eerste hier gelees.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





