praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Bush se prioriteit: die Afrika-bedelbak

Bush se prioriteit: die Afrika-bedelbak

E-pos Afdruk PDF
Image

Lees ook: Bob Geldof se tweede ronde punk-diplomasie.

Die nuus dat hulp aan Afrika weereens bo-aan die sakelys van ‘n G8-beraad moet verkeer, vervul mens met moedeloosheid.

Die wêreld se politieke leiers is besig om die akademiese navorsing en gegronde menings van Afrikakenners te ignoreer, want dit is oor en oor bewys dat hulp aan Afrika nie werk nie.

Geldelike hulp aan die kontinent vernietig die binnelandse markte vir voedselprodukte, verhoog korrupsie en wanbestuur en hou die swartmense van Afrika in hul huidige posisie van afhanklikheid van die nywerheidslande.

Die enigste mense wat by hulp aan Afrika baat, is die korrupte swart elites wat op enige dag in enige hoofstad in vyfsterhotelle waargeneem kan word waar hulle ‘n luuksebestaan voer terwyl die res van die bevolking krepeer.

In Suid-Afrika geld dieselfde stelsel want die inkomste en bates van hardwerkende, opgeleide en produktiewe blankes word grotendeels belas om die luilekker lewe van die swart elite te finansier.

Trouens, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging kan as ‘n interne hulpstelsel beskou word wat net soveel nadele inhou soos die hulpstelsel wat elders op die vasteland toegepas word en wat deur die G8, die Skandinawiërs, Nederland en ander lande geldelik ondersteun word.

Ook die vorige beleid van apartheid of afsonderlike ontwikkeling was 'n hulpstelsel wat van die tuislande ekonomiese groeipunte wou maak, maar wat uiteindelik misluk het om dieselfde redes as wat die Skandinawiese hulpprogram aan Tanzanië onder Nyerere misluk het.

‘n Nugter blik op Afrika se probleme is broodnodig. Soos die onlangse beraad oor Afrika-elektrisiteit in Nairobi bevind het, is die probleem nie ‘n gebrek aan kapitaal of beleggings nie, maar die nepotisme van die swart elites wat eerder hul familie of stamlede in gesagsposisies aanstel as kundige bestuurders.

Soos die Britse ekonoom, Peter Bauer, op 'n keer gesê het, "Hulp behels om arm mense in ryk lande te belas om ryk mense in arm lande se lewenstyl te finansier."

Hier lê 'n intellektuele uitdaging vir die Afrikaner - om die internasionale gemeenskap te oortuig dat hulp aan Afrika nie werk nie en dat swart leiers eerder van hul keiserlike lewenstyl met swart Mercedesse en privaatstralers  moet afsien. Pleks van die hulpdwelm wat afhanklikheid skep en armoede op die duur vererger, sal Afrika se bevolkings sleg deur 'n spaarsin, harde werk en gesonde ekonomiese beleid opgehef kan word.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: