praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Olieprys skep ook politieke vrae vir Afrikaners

Olieprys skep ook politieke vrae vir Afrikaners

E-pos Afdruk PDF
By die vele debatte wat daar tans in Afrikanergeledere woed, duik die vraag dikwels op of ons langer aan die 1910-staat van Suid-Afrika lojaal moet wees en of ons nie eerder 'n kleiner gebied in die Noordkaap, Suidkaap, aan die Weskus of rondom Pretoria en die Oostransvaal moet nastreef nie.
Met die olieprys bokant $140 per vat maak dit kwalik meer sin om so wyd verspreid oor die 1,2 miljoen vierkante kilometer van Suid-Afrika te woon. Goedere moet heen en weer oor honderde kilometer vervoer word. Selfs familiebesoeke behels 'n vet skenking aan die oliesjeiks van die Midde-Ooste.

Benewens die politieke voordele wat geografiese konsolidasie vir Afrikaners sou inhou, is daar toenemend ook ekonomiese voordele. By die vryheid om in 'n eie gebied sonder regstellende aksie of SEB te mag handel dryf en om in vrede sonder misdaad te kan leef, kom nou nog die verdere voordeel van 'n besparing in energie- en vervoerkostes.

Van die suksesvolste lande ter wêreld is klein. België, wat maar so groot soos die Krugerwildtuin is en met 'n bevolking van tien miljoen mense, produseer meer as al die Afrikalande suid van die Sahara met hul totale bevoling van 600 miljoen saam. Nederland, 'n ander Lilliput-staatjie wat grondgebied betref, is die wêreld se sestiende grootste ekonomie. Switserland, Hong Kong en Singapoer is ander voorbeelde.

Om nader aan mekaar te woon, skep hegter bande tussen gesinne, maar maak dit ook makliker om 'n gebied teen ons tipiese Afrikageweld en -misdaad te beveilig, sonder die hoë vervoerkoste wat die 1910-staat met sy vervallende spoorweë en vervoerinfrastruuktuur tans op ons afdwing.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: