praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Naspers se bydrae tot die demokrasie

Naspers se bydrae tot die demokrasie

E-pos Afdruk PDF

Is dit nie vreemd dat Naspers se hoof, mnr. Koos Bekker, nou om verskoning vra omdat 'n filiaal van sy groep die stembriewe vir Zimbabwe gedruk het nie?

Sou die maatskappy beter gedoen het deur wapens of ammunisie aan mnr. Robert Mugabe te verskaf? wil mens vra. In die eerstre plaas demonstreer die debakel die wit skuld waaronder Naspers, soos vele ander groot maatskappye in Suid-Afrika, ly.

Pleks van die druk van die stembriewe as 'n bydrae tot die demokrasie te sien, word daar nou in skuld verval.

Mugabe is nie verantwoordelik vir sy dade nie; nee, dis die mense wat sy stembriewe druk. Sy soldate trek ook nie die snellers van hul gewere nie; dis die Sjinese wapenskip wat die wapens daarheen vervoer het wat ons moet blameer.

Regdeur Afrika word daar gereeld met groot fanfare verkiesings gehou. Nietemin is die uitslag van sulke verkiesings dikwels voorspelbaar omdat die heersende diktator so 'n beheer oor die bevolking en oor die media in sy land uitoefen dat geen werklike politieke opposisie moontlik is nie

Die Westerse moondhede is merendeels tevrede met hierdie skynverkiesings en skenk lustig geld vir stembriewe en veral die aardig besoldigde "verkiesingswaarnemers" wat invlieg, in luukse hotelle tuisgaan en agterna hul goedkeurende stempel op die verkiesing afdruk.

Die aflaat van R300 000 wat Naspers aan die Rooikruis betaal het, gaan geen duit verskil aan die situasie in Zimabwe maak nie, maar sal wel die witskuldgewetens van die groep se topbestuur sus.

Aan die ander kant sal Naspers sekerlik nie nee sê om materiaal vir die ANC te druk nie, 'n party waarvan die lede mekaar met messe toetakel en wat self nie in die 1994-verkiesing geskroom het om duisende IVP-lede te vermoor nie. Om nie van Julius Malema van die ANC-jeugliga se onlangse geweldsdreigemente te vergeet nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: