Dié verdedigende salvo's van die HUB's is Woensdag met die afskop van gesprekke by die Wêreld Ekonomiese Forum in die Switserse ski-oord van Davos gehoor. Europa se skuldkrisis en 'n dreigende verlangsaming in die ontwikkelde wêreld is besig om 'n wolk oor hierdie jaar se byeenkoms van 2 600 elite sake-en politieke leiers te kaats.
"Kapitalisme mag die ergste stelsel van almal wees, behalwe vir elke ander stelsel," sê David Rubenstein, mede-stigter van die Carlyle-groep, wat fondse bestuur in Washington.
Betogers het kamp opgeslaan in die sneeu by die vergaderinglokaal, om druk op die grootkoppe by vanjaar se forum te plaas dat hulle werkers se vrese in ag neem as hulle die wêreld se ekonomiese probleme bespreek. Die Occupy-beweging en ander protesgroepe het wêreldwye aandag getrek met woede oor ongelykheid, hardnekkige hoë werkloosheid, en toenemende armoede.
Die korporatiewe wêreld skuif egter die blaam op regerings af.
Hervorming gaan "nie net oor korporasies en gierigheid nie. Dit gaan oor besluitneming," sê Alcatel-Lucent se HUB, Ben Verwaayen. "Waarom het dit Europa (en sy leiers) twee jaar geneem om tot 'n gevolgtrekking te kom wat hulle geweet het hulle in elk geval die gesig staar?"
Hy het nie uitgebrei nie, maar blykbaar verwys na die erns van die krisis en die noodsaaklikheid vir moedige optrede, en die leiers se besluit om die ekonomiese bestuur van die lande wat die euro gebruik, nader aan mekaar te bring.
Brian Moynihan, uitvoerende hoof van Bank of America, wat gedwing is om af te sien van planne om 'n $5 debietkaartfooi ná betogings deur Occupy en ander, te hef, het gesê die banke het "baie gedoen" om bybetalings te verminder en sê dat siklusse 'n deel van die kapitalistiese struktuur is.
Maar, sê ander, die proses nie is onvermydelik nie - en regerings moet 'n sterker rol in die regulering van hoe maatskappye sake doen, speel.
Die hoof van die International Trade Union Confederation, Sharan Burrow, het gesê: "Ons het 'n morele kompas verloor" en gewaarsku dat indien regerings nie nou in sosiale beskerming belê nie, "niemand sal hou van die maatskaplike onrus wat volg nie."
Die hoofuitvoerendebeampte van Deloitte, Joe Echevarria, het gepraat oor die ontwikkeling van "meelewende kapitalisme."
"Jy gaan te doen hê met regulasie - die balansering van die behoefte om die gemeenskap te beskerm saam met groei wat gesmoor word," het hy aan The Associated Press in 'n onderhoud by Davos gesê. "Ek dink dit sal manifesteer deur die keuses wat regerings en besighede maak."
Terwyl die grootkoppe in Davos gesels, hou belangrike Griekse effekte-eienaars agter geslote deure vergaderings in Parys oor hoe om Europa se skuldkrisis op te los.
Woensdag, sal die Duitse kanselier Angela Merkel haar natuurlik oor Europa se krisis in haar rigtinggewende toespraak by die Davos-forum uitlaat.
Opnames voor die vergadering het pessimisme onder die wêreldse HUB's uitgewys en lae vlakke in die publiek se vertroue in sake- en regeringsleiers, wat die algehele gevoel van broosheid in die VSA en die Europese ekonomieë onderstreep het en kommer dat dit die hele wêreld se ekonomie sal sink.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





