praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Afrika sal ras teen geloof kies

Afrika sal ras teen geloof kies

E-pos Afdruk PDF
Die verskriklike Kersdagaanvalle op Christelike kerke in Nigerië word deur algar aan die "Boko Haram" toegedig, 'n skaduagtige groep wat gereeld beskryf word as 'n ekstremistiese Islamitiese organisasie in die noordooste van Nigerië. Trouens, sedert die inhuldiging van President Goodluck Jonathan, 'n Christen van die Niger-delta in die land se suide, kry Boko Haram die skuld vir alle geweld in Nigerië.

Maar die media en Amerikaanse beleidmakers jaag 'n ontwykende en swak gedefinieerde bedreiging na, omdat daar geen bewyse bestaan dat 'n goed georganiseerde, ideologies samehangende terroriste groep genaamd Boko Haram selfs bestaan nie. Die bewyse dui daarop dat verskeie kriminele bendes die naam soms na willekeur gebruik.

Die Verenigde State behoort nie in 'n Nigeriese "oorlog teen terreur" - retories of werklik - betrokke te raak nie. Om betrokke te raak in 'n toenemende sektariese konflik wat die land se eenheid bedreig, kan Nigeriese Moslems teen Amerika draai sonder om enige van die onderliggende probleme wat onstabiliteit en sektariese twis veroorsaak, op te los. En die VSA se hefboomkrag vir toekomstige oplossings erg benadeel.

Aan die einde van November, het 'n subkomitee van Homeland Security 'n verslag uitgereik waarin Boko Haram as 'n "opkomende bedreiging vir die VSA" beskryf word en by die lys van buitelandse terroriste organisasies geplaas is. Die State Department se Afrika-departement verskil heftig hiervan, maar die druk van die Kongres en verskeie regeringsagentskappe is groot.

Boko Haram het in 2002 begin as 'n vreedsame Islamitiese splintergroep. Maar in 2009 het die Boko Haram hulself na geweld gewend, veral nadat sy leier, 'n jong Moslem-geestelike naam Mohammed Yusuf, vermoor is terwyl hy in polisie-aanhouding was. Videomateriaal van mnr. Yusuf se ondervraging het gou viraal versprei, maar niemandis nog gestraf vir die misdaad nie. Op soek na wraak, het die Boko Haram die polisie, die weermag en plaaslike politici geteiken - almal toevallig ook Moslems.

Dit was duidelik in 2009, soos dit nou is, dat die oorsaak van geweld en woede in beide die noorde en die suide van Nigerië endemiese armoede en ellende is. Selfs die Amerikaanse ambassadeur, Terence P. McCulley, het reeds beklemtoon, beide privaat en in die openbaar, dat die regering ernstige sosio-ekonomiese kwessies moet oplos. Hy het natuurlik eintlik bedoel dat hulle ophou steel en aan hulle landgenote begin dink.

In plaas daarvan, is ongeveer 25 persent van Nigerië se begroting vir 2012 toegeken aan veiligheid, selfs al is die weermag en die polisie gereeld die oorsaak van geweld en moord. Inderdaad, volgens baie Nigeriërs word die weermag meer gevrees as Boko Haram.

Baie Nigeriërs glo dat die Verenigde State onvoorwaardelik Jonathan se regering ondersteun, ten spyte van sy mislukkings. Hulle glo dit omdat Washington vol lof vir die verkiesings in April was, wat internasionale waarnemers as geloofwaardig verklaar het. Maar talle Nigeriërs, veral in die noorde, is nie so seker nie. Net so, is Washington se finansiële ondersteuning vir Nigerië se veiligheidsmagte, ten spyte van hulle gedokumenteerde skendings van menseregte, 'n netelige saak.

Mnr Jonathan se onlangse optrede het nie gehelp om die oplaaiende spanning te ontlont nie. Hy het verlede week aan Nigeriërs gesê: "Die kwessie van die bombardement is een van die laste waarmee ons moet saamleef." Op Nuwejaar het hy verklaar dat 'n noodtoestand in dele van die vier noordelike state sal heers, wat sal lei tot groter militêre aktiwiteit. Ook op Nuwejaarsdag, het hy 'n subsidie ​​op petroleumprodukte geskrap, wat meer as 'n verdubbeling van die prys van brandstof tot gevolg gehad het. In 'n land waar 90 persent van die bevolking op $2 of minder per dag leef, is die woede landwyd dramaties aan die toeneem.

Die Verenigde State moet nie toelaat dat hulle weer ingetrek word in nog 'n konflik nie. As Afrika moet kies tussen ras en geloof, sal dit ongetwyfeld ras wees wat seëvier.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: