praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar 'n Geseënde Kersfees aan al ons lesers!

'n Geseënde Kersfees aan al ons lesers!

E-pos Afdruk PDF

Praag wens al ons lesers 'n geseënde Kersfees toe! Ons hoop dat u die dag sal geniet en iets van die geluksaligheid en betekenis daarvan sal smaak, waar u ook al in die wêreld verkeer, binne of buite Suid-Afrika. 

Kersliedjie

Drie outas het in die haai Karoo
die ster gesien en die engel geglo,
hul kieries en drie bondels gevat
en aangestryk met 'n jakkalspad

al agter die ding wat skuiwend skyn
op 'n plakkie, 'n klip, 'n syferfontein,
oor die sink en die sak van Distrik Ses
waar 'n kersie brand in 'n stukkende fles,

en daar tussen esels en makriel
die krip gesien en neergekniel.
Die skaapvet, eiers en biltong
nederig gelê voor God se klong

en die Here gedank in gesang en gebed
vir 'n kindjie wat ook dié volk sou red...
Oor die hele affêre het uit 'n hoek
'n broeis bantam agterdogtig gekloek.

D J Opperman 

Uit Blom en Baaierd; Tafelberg-Uitgewers,1956.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: