praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Goeie en slegte 'geluk'

Goeie en slegte 'geluk'

E-pos Afdruk PDF

Die Noorweërs weet al lank dat die Engelssprekende wêreld die afgelope 100 jaar weier om te erken dat Roald Amundsen die grootste van die poolontdekkingsreisigers was.

'n Eeu nadat hy die Suidpool vir die eerste keer oorwin het, is daar nog ander eerste plekke wat Amundsen se teenstanders ontken.

Roald Engelbregt Gravning Amundsen, is gebore in Julie 1872 in 'n familie van die Noorse skeepseienaars. Sy nalatenskap is volgens die Januarie 2000-uitgawe van die International Journal of Science History verdoesel en ontluister.

Amundsen was weliswaar die eerste mens gewees wat albei van die aarde se pole bereik het. In Mei 1926, vergesel deur 15 mans, het hy die eerste poolreis in die lugskip Norge onderneem, 'n reis wat hom oor die Noordpool geneem het.

Die drie vorige eise deur Frederick Cook in 1908, Robert Peary in 1909, en Richard Evelyn Byrd in 1926 (kamtig net 'n paar dae voor die Norge) is in die studie van 2000 reeds deur historici as leuens en versinsels ontmasker.

Daarna het die Noorse handskoene afgekom. Vanaf Desember 2000 het die twee voorste ondersoekbeamptes van poolontdekkingsreise op History Channel verskyn om erkenning te gee aan die onreg wat gedoen is aan Amundsen.

Soos die tydskrif-artikel opgemerk, "Om dit eenvoudig te stel: As mens eers die bedrieërs en leuenaars uitskakel, is Amundsen se prestasies beter as dié van al die ander poolontdekkingsreisigers gekombineer. Hy was: 1. Eerste om te oorwinter in Antarktika. 2. Eerste deur die Noordwes-Passage. 3. Eerste by die Suidpool. 4. Eerste rondvaarder om die Arktiese Oseaan. 5. Eerste by die Noordpool. 6. Eerste by die Yspool (die Arktiese Oseaan se verste punt van die land-massas). 7. Eerste om die Arktiese Oseaan oor te steek. 8. Eerste ontdekker wat oorlede in sy pogings om die lewe van 'n vyand te red."

Wat, in teenstelling met diegene wat Ernest Shackleton ophemel, van Amundsen die grootste van hulle almal maak. Hy was 'n ware Wolraad Woltemade.

Om 15:00 op 15 Desember 1911 (die datum word soms gegee as 14 Desember - die verskil is as gevolg van verskillende interpretasies van die Internasionale Datumlyn), het die Noorse sleetrein gestop: Hulle het die Suidpool bereik. Amundsen se dagboekinskrywing vir hierdie uiters belangrike geleentheid is tipies bondig: "So het ons daar aangekom en was in staat om ons vlag te plant op die geografiese Suidpool. Ons dank God!'"

Scott het by die pool aangekom 33 dae na Amundsen, en sou sterf - saam met sy vier kamerade - op die terugtog na die basiskamp.

In Junie 1928, terwyl hulle soek na oorlewendes van 'n lugskipramp, sou Amundsen se vliegtuig verongeluk in die Barentsz-see, en spoorloos verdwyn.

Amundsen se nalatenskap, presies 'n eeu na sy aankoms by die Suidpool, is, in die groot man se eie woorde: "Ek kan sê dit is die grootste faktor - die manier waarop die ekspedisie toegerus is - die manier waarop elke probleem in die vooruitsig gestel is, en voorsorgmaatreëls daarvoor getref is om dit tegemoet te gaan of te vermy. Oorwinning wag op hom wat alles in orde het. Geluk, noem mense dit. Nederlaag is onvermydelik vir hom wat versuim het om die nodige voorsorgmaatreëls binne die tydsbestek te neem. Dit staan bekend as sogenaamde slegte geluk."


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: