Met die internet wat wêreldwyd besig is om in koerante se lesertalle in te vreet, word die sirkulasiesyfers van Suid-Afrikaanse koerante ook met 'n arendsoog dopgehou om te sien of dieselfde verskynsel plaaslik herhaal word.
Die jongste syfers van die ouditburo van sirkulasie (sien tabelle hier onder) toon egter dat etniese of volkskoerante wat in die moedertaal uitgegee word stygende sirkulasies weerspieël terwyl die res deurentyd daal. Van die multikulturele Engelse koerante in Suid-Afrika is dit slegs die Mail & Guardian wat 'n stygende neiging toon.
Vrese bestaan reeds geruime tyd dat die kommoditeitsnuus van Reuters en Sapa wat die stapeldieet van Suid-Afrika se Engelse koerante is uiteindelik deur lesers verwerp gaan word omdat sulke nuus gratis op die internet beskikbaar is. Die jongste sirkulasiesyfers bevestig dit aangesien daardie koerante besig is om konstant lesers en kopers te verloor.
'n Verklaring vir die Mail & Guardian se styging mag wees dat dié koerant redelik baie ondersoekende joernalistiek publiseer waarin finansiële en ander skandale oopgevlek word. Ook is dit 'n redelike ernstige koerant wat deur die meer intellektuele leser geniet word terwyl die res van Suid-Afrika onder invloed van die poniepers al hoe laer in hul inhoud en aanslag mik.
Groot getalle Engelse koerante word ook op lughawens, in hotelle en elders gratis weggegee. Hoewel sulke gratis kopieë nie veronderstel is om by die sirkulasiesyfers ingesluit te word nie, is dit egter moeilik om te kontroleer hoeveel eksemplare van elke koerante werklik "betaalde kopieë" was.
Zoeloe-koerante het die sterkste gegroei, gevolg deur die Mail & Guardian. Saam met die stygings in Beeld en Volksblad se sirkulasiesyfers, wil dit daarom voorkom asof etniese of volkskoerante wat op 'n spesifieke volksgroep soos Zoeloes of Afrikaners gemik is oor 'n meer stabiele en lojale leserskorps beskik.
Vir Afrikaanse koerante mag dit goeie nuus wees, maar hoe verklaar 'n mens die daling in die sirkulasiesyfers van Rapport en Die Burger? Beide koerante het die afgelope aantal jare hul redaksionele beleid beduidend na links verskuif onder Liza Albrecht by Rapport en Henry Jeffreys by Die Burger. Aanvalle en kritiek op Afrikaners deur Max du Preez, Pierre de Vos en ander linkse meningsvormers is gereeld gepubliseer, wat kan verklaar waarom vele Afrikanerlesers hul rûens op dié twee titels begin draai het. Of die huidige redakteurs van Die Burger en Rapport die skade van hul voorgangers ongedaan sal kan maak, is 'n ope vraag.
Tim du Plessis, wat tot onlangs nog redakteur van Beeld was, het by Die Boekehuis in Melville gesê dat hy die publikasie as 'n gemeenskapskoerant beskou het, iets wat 'n mens as 'n eufemisme vir 'n volkskoerant sou kon interpreteer. Die swaartepunt van Beeld se sirkulasie lê ook in Pretoria wat dit van 'n sterk geografiese basis voorsien.
Die daling in Die Burger en Rapport se leserstalle is egter kommerwekkend aangesien dit insgelyks wegkalwe aan Afrikaans as medium vir nuus en kommentaar. Die politieke besluite van Naspers se redakteurs en hul voorliefde vir links-liberale prekies wat teenoor hul meer behoudende lesers afgesteek word, werk op die duur negatief op Afrikaans in omdat daardie lesers kan kies uit tienduisende globale webwerwe waar hul menings en beskouings weerspieël word.
Die monopolie op Afrikaanse gedrukte media waaroor Naspers beskik, is potensieel baie skadelik vir Afrikaans omdat slegs enkele besluitnemers die toekoms van die nuusmedia in ons taal mag bepaal. Loop hul keuses op mislukkings uit, misluk ons taal en kultuur ook.
Die rol wat 'n internetdagblad soos praag.co.za speel, raak toenemend belangrik vir Afrikaans. Nie net dra ons by tot die verskeidenheid van standpunte en gesigspunte in Afrikaans nie, maar via ons kommentaarafdelings dra duisende gewone mense ook by tot nuus en menings in Afrikaans.
Anders as in die VSA byvoorbeeld, verkies Suid-Afrikaanse adverteerders steeds die gedrukte media en voer Afrikaanse webwerwe maar 'n finansiële sukkelbestaan. Indien die internet as nuusmedium in Afrikaans ontsluit moet word, gaan lojale lesers op 'n veel groter skaal bereid moet wees om vir nuus in hul eie taal te betaal. Indien Praag byvoorbeeld net 'n geringe persentasie van Beeld se intekenaars kon werf, sou ons elke dag 'n virtuele koerant van 'n paar keer Beeld se omvang op die internet kon publiseer.
Indien u Praag wil laat uitbrei, klik gerus hier op ons werwingsblad.
Tabel 1: Veranderings in gemiddelde totale sirkulasie vanaf 3de kwartaal 2010 tot 3de kwartaal 2011:
|
Publikasietitel |
3de kwartaal 2010 |
3de kwartaal 2011 |
Verskil |
% verskil |
|
Ilanga |
116 477 |
135 706 |
19 229 |
16.5% |
|
Isolezwe ngeSonto |
70 449 |
81 553 |
11 104 |
15.8% |
|
Mail & Guardian |
41 233 |
45 692 |
4 459 |
10.8% |
|
Isolezwe |
97 638 |
106 734 |
9 096 |
9.3% |
|
Beeld, Saterdag |
71 604 |
76 321 |
4 717 |
6.6% |
|
Ilanga Langesonto |
80 533 |
85 726 |
5 193 |
6.4% |
|
Beeld, dagblad |
73 455 |
76 951 |
3 496 |
4.8% |
|
Volksblad - dagblad |
22 752 |
23 473 |
721 |
3.2% |
|
Herald, The |
21 781 |
22 319 |
538 |
2.5% |
|
Sunday Independent, The |
38 622 |
39 569 |
947 |
2.5% |
|
Citizen, The (dagblad) |
68 325 |
69 649 |
1 324 |
1.9% |
|
Business Day |
36 081 |
36 103 |
22 |
0.1% |
|
Daily Dispatch |
28 123 |
28 041 |
-82 |
-0.3% |
|
Diamond Fields Advertiser |
9 568 |
9 495 |
-73 |
-0.8% |
|
Sunday Times |
461 239 |
451 361 |
-9 878 |
-2.1% |
|
Volksblad - Saterdag |
21 882 |
21 353 |
-529 |
-2.4% |
|
Cape Times |
44 355 |
43 274 |
-1 081 |
-2.4% |
|
Witness, The |
20 045 |
19 546 |
-499 |
-2.5% |
|
Son op Sondag (voorheen Sondag Son) |
61 711 |
60 174 |
-1 537 |
-2.5% |
|
Saturday Dispatch |
23 162 |
22 394 |
-768 |
-3.3% |
|
Sunday Sun |
228 717 |
221 002 |
-7 715 |
-3.4% |
|
Weekend Witness |
22 794 |
21 908 |
-886 |
-3.9% |
|
Burger, Die (dagblad) |
66 041 |
63 139 |
-2 902 |
-4.4% |
|
Rapport |
243 235 |
231 911 |
-11 324 |
-4.7% |
|
Sondag |
49 794 |
47 286 |
-2 508 |
-5.0% |
|
Sunday Tribune |
86 889 |
82 477 |
-4 412 |
-5.1% |
|
City Press |
166 347 |
157 306 |
-9 041 |
-5.4% |
|
Burger, Die Saterdag |
83 901 |
78 901 |
-5 000 |
-6.0% |
|
Pretoria News |
24 693 |
23 148 |
-1 545 |
-6.3% |
|
Saturday Star, The |
104 312 |
97 257 |
-7 055 |
-6.8% |
|
Independent on Saturday |
49 437 |
46 008 |
-3 429 |
-6.9% |
|
Mercury, The |
33 833 |
31 474 |
-2 359 |
-7.0% |
|
Sowetan |
125 204 |
116 347 |
-8 857 |
-7.1% |
|
Sunday World |
160 270 |
147 614 |
-12 656 |
-7.9% |
|
Star, The |
148 294 |
136 552 |
-11 742 |
-7.9% |
|
Citizen, The (Saterdag) |
46 215 |
42 342 |
-3 873 |
-8.4% |
|
Daily Sun |
411 124 |
374 400 |
-36 724 |
-8.9% |
|
Son (dagblad) |
113 600 |
103 056 |
-10 544 |
-9.3% |
|
Pretoria News Saterdag |
15 832 |
14 248 |
-1 584 |
-10.0% |
|
Weekend Argus |
78 610 |
70 212 |
-8 398 |
-10.7% |
|
Cape Argus |
50 684 |
45 128 |
-5 556 |
-11.0% |
|
Daily News |
38 945 |
33 214 |
-5 731 |
-14.7% |
Bron: Ouditburo van sirkulasie
Tabel 2: Veranderings in gemiddelde kernsirkulasie 3de kwartaal 2010 to 3de kwartaal 2011:
|
Publikasietitel |
3de kwartaal 2010 |
3de kwartaal 2011 |
Verskil |
% verskil |
|
Ilanga |
116 477 |
135 706 |
19 229 |
16.5% |
|
Isolezwe ngeSonto |
70 386 |
81 541 |
11 155 |
15.8% |
|
Mail & Guardian |
40 566 |
45 692 |
5 126 |
12.6% |
|
Sunday Independent, The |
32 490 |
36 147 |
3 657 |
11.3% |
|
Isolezwe |
97 563 |
106 724 |
9 161 |
9.4% |
|
Ilanga Langesonto |
80 533 |
85 726 |
5 193 |
6.4% |
|
Beeld, Saterdag |
70 817 |
74 492 |
3 675 |
5.2% |
|
Beeld, dagblad |
71 984 |
75 248 |
3 264 |
4.5% |
|
Volksblad - dagblad |
22 533 |
23 181 |
648 |
2.9% |
|
Weekend Argus |
68 315 |
69 867 |
1 552 |
2.3% |
|
Citizen, The (dagblad) |
55 875 |
56 836 |
961 |
1.7% |
|
Sunday Times |
367 909 |
369 090 |
1 181 |
0.3% |
|
Daily Dispatch |
27 828 |
27 761 |
-67 |
-0.2% |
|
Diamond Fields Advertiser |
8 296 |
8 208 |
-88 |
-1.1% |
|
Burger, Die dagblad |
61 116 |
60 132 |
-984 |
-1.6% |
|
Herald, The |
21 781 |
21 277 |
-504 |
-2.3% |
|
Son op Sondag (voorheen Sondag Son) |
61 711 |
60 174 |
-1 537 |
-2.5% |
|
Sunday Tribune |
84 017 |
81 894 |
-2 123 |
-2.5% |
|
Volksblad - Saterdag |
21 613 |
21 065 |
-548 |
-2.5% |
|
Mercury, The |
31 404 |
30 536 |
-868 |
-2.8% |
|
Cape Times |
40 519 |
39 360 |
-1 159 |
-2.9% |
|
Sunday Sun |
228 717 |
221 002 |
-7 715 |
-3.4% |
|
Weekend Witness |
22 708 |
21 812 |
-896 |
-3.9% |
|
Saturday Dispatch |
22 820 |
21 913 |
-907 |
-4.0% |
|
Witness, The |
19 873 |
19 054 |
-819 |
-4.1% |
|
Rapport |
243 235 |
231 911 |
-11 324 |
-4.7% |
|
Sondag |
49 794 |
47 286 |
-2 508 |
-5.0% |
|
City Press |
166 347 |
156 921 |
-9 426 |
-5.7% |
|
Burger, Die Saterdag |
83 156 |
78 246 |
-4 910 |
-5.9% |
|
Sowetan |
102 184 |
95 785 |
-6 399 |
-6.3% |
|
Independent on Saturday |
48 293 |
44 831 |
-3 462 |
-7.2% |
|
Pretoria News |
21 441 |
19 833 |
-1 608 |
-7.5% |
|
Sunday World |
160 270 |
147 356 |
-12 914 |
-8.1% |
|
Saturday Star, The |
89 467 |
82 097 |
-7 370 |
-8.2% |
|
Daily News |
34 941 |
32 042 |
-2 899 |
-8.3% |
|
Business Day |
34 249 |
31 377 |
-2 872 |
-8.4% |
|
Cape Argus |
43 946 |
40 081 |
-3 865 |
-8.8% |
|
Daily Sun |
411 124 |
374 400 |
-36 724 |
-8.9% |
|
Son (dagblad) |
113 600 |
103 056 |
-10 544 |
-9.3% |
|
Star, The |
126 716 |
114 590 |
-12 126 |
-9.6% |
|
Citizen, The (Saterdag) |
37 271 |
33 661 |
-3 610 |
-9.7% |
|
Pretoria News Saterdag |
14 014 |
12 582 |
-1 432 |
-10.2% |
Bron: ouditburo van sirkulase.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





