Die onlangse toesprake deur die twee leiers toon duidelik hoe verskillend hul visies van Europa is en hoe Cameron sy politieke oorlewing op die euro-altaar plaas. In Cameron se termyn het werkloosheid in die VK gestyg en die groeikoers afgeneem. Daar is geweldige druk op die Britse premier om antwoorde tuis te verskaf, maar hy het verkies om Duitsland as die sondebok te verklaar.
"Merkel: Meer Europa, Cameron: minder Europa," was hoe Benedictus Brogan, adjunk-redakteur van die Daily Telegraph, die onderskeie toesprake ligweg opgesom het. Dis egter nie die hele verhaal nie.
Volker Kauder, vloerleier vir die Duitse kanselier Angela Merkel se konserwatiewe Christen-Demokratiese Unie, het onlangs by die CDU-party se kongres in Leipzig gesê: "Skielik praat Europa Duits". Die Britse poniepers het gretig op dié een sinnetjie toegesak Woensdag, as sou dit 'n bevestiging wees van Duitsland se veronderstelde dors na mag en die oorsaak van Cameron se sorge.
Die Kauder-omstredenheid is die jongste aanduiding van 'n groeiende kloof tussen Berlyn en Londen. 'n Voorgestelde Europese Unie belasting op finansiële transaksies sorg vir verdere onmin. Britse aanvalle op die sogenaamde Tobin-belasting, wat deur Duitsland ondersteun word, word as "heeltemal ongeregverdig" deur die Duitsers beskou. Kauder, intussen, het vroeër Britse opposisie teen die belasting selfs as onverantwoordelik beskryf.
Gegewe dat Europa in die middel van 'n krisis van historiese omvang is, sal die twee leiers baie hê om te bespreek, en nie alleen die Tobin-belasting en histeriese uitsprake van die Londense poniepers nie.
Die ou EU-spanning tussen die federaliste en die sogenaamde "intergovernmentalists" - wat mag in die hande van die nasionale regerings wil hou - het weer uitgebreek. In sy toespraak Maandag, het Cameron gesê die EU moet "die buigsaamheid van 'n netwerk hê, nie die rigiditeit van 'n blok nie." In teenstelling, het Merkel en die Franse president Nicolas Sarkozy 'n "kern"-Europa, bestaande uit die 17 euro-sone lande, beskryf.
Aan die een kant, wil die Britte die grootste moontlike afstand tussen Brittanje en die euro-krisis behou. Terselfdertyd, is hulle besig om aan te dring op hul reg om 'n sê te hê in allerlei.
Brittanje se spesiale status was een van die onreëlmatighede in die ou EU. Duitsland en Frankryk het baie toegewings gemaak aan die Britte, wat vas beslote was om hul onafhanklikheid te bewaar. Weer en weer is uitsonderings gemaak wanneer die strydlyne verhard het.
Maar, hierdie keer dit is moeilik om te sien hoe 'n kompromie gevind kan word. Die euro-sone se instink vir selfbehoud beteken dat Britse belange uiteraard lae prioriteit gegee word. Merkel wil 'n spoedige verandering in die EU-verdrae sien ten einde 'n wetlike basis vir 'n ekonomiese regering in die euro-sone te skep. Cameron, egter, is teen die idee, en vrees die twee-spoed EU.
Die debat in Brittanje word byna heeltemal oorheers deur die euroskeptici, selfs al steun die drie grootste partye in die House of Commons amptelik Brittanje se voortgesette status as 'n lid van die EU. Te midde van die algemene atmosfeer van vyandigheid en Britse paranoïa, is daar feitlik geen politieke stemme wat dié toedrag van sake beaam nie.
By die mees onlangse EU-beraad, was Sarkozy se kommentaar oor Cameron dat hy "siek is van hom wat ons vertel wat om te doen" en dat Cameron 'n "goeie geleentheid om stil te bly" versmaai het. Cameron gedra hom soos 'n wafferse Amerikaanse skoothondjie, maar sy beloning gaan nie van oor die oseaan kom nie.
Kanselier Merkel sal waarskynlik Vrydag maak asof sy nie die aanhoudende gekef hoor nie. Sy weet Cameron sal haar nodig hê, al is dit net omdat die Britse premier geen ander oplossing voorstel nie en duidelik nie 'n alternatiewe visie van Europa het, met die uitsondering van die status quo nie, wat is onhoudbaar is.
Cameron se gepraat van 'n "netwerk-Europa" is die "suiwerste twak," skryf Timothy Garton Ash in die Guardian.
Berlyn is gretig om 'n beeld van eenheid Vrydag uit te straal: Die Duitsers het intussen Britse besware van die tafel gevee en aangedring op 'n gesamentlike perskonferensie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





