praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Zille twiet vals

Zille twiet vals

E-pos Afdruk PDF
Helen Zille is taamlik desperaat om die aandag van haar betrokkenheid by die Midvaalkorrupsieskandaal af te lei. Om dié doel te bereik het mevrou Botox haarself gewend tot Twitter. Of haar gekwetter haar gaan help, is egter 'n ope vraag.

Helen twiet deesdae vir 'n vale. Haar jongste poging het erg ongunstige kommentaar van regskenners uitgelok nadat sy getwiet het dat mans wat rondslaap sonder beskerming, vir poging tot moord aangekla behoort te word. Kennelik kan sy nie dink nie.

Haar rede: Haar begeerte om MIV te kriminaliseer en verpligte MIV-toetsing in te stel omdat sy meen dié voorkombare siekte kos te veel. MIV-behandeling kos die provinsiale regering tot R2 miljard per jaar.

Volgens regskenners is dit 'n verstaanbare reaksie op 'n nasionale krisis, maar die vereiste beleid sal waarskynlik ewe duur en oneffektief wees, reken hulle. En haar voorstel druis boonop heeltemal in teen enige liberale opvatting en les bes, die Grondwet.

In 'n onlangse onderhoud met John Maytham op CapeTalk 567, het Zille drie addisionele maatreëls vir die vermindering van die probleem van MIV-besmetting voorgestel: 'n verpligte toetsing, die verpligte openbaarmaking van MIV-status, en verpligte dra van kondome in nie-monogame seksuele verhoudings.

Daarna het sy getwiet dat nie-monogame mans voorts van poging tot moord aangekla behoort te word indien hulle versuim om kondome te dra. Dit is in almal van ons se belang dat openbare fondse op die mees doeltreffende moontlike maniere bestee word, maar hiperboliese uitsprake is 'n voorliefde van oneffektiewe bestuurders.

Natuurlik behoort roekelose gedrag nie verskoon of vergewe te word deur die befondsing van die behandeling van die gevolge daarvan uit die openbare koffers nie. Terwyl die staat dalk die reg op mediese behandeling waarborg, kan 'n staat of provinsiale regering in beginsel nie vir mense se roekelose en kriminele gedrag betaal nie.

Juis daarom behoort staatsbetaalde Vigs-medisyne afgeskaf te word, behalwe natuurlik vir verkragtingslagoffers. Só 'n stap sal beslis sin maak in Suid-Afrika, wat onder 'n verkragtingstsumani ly.

Wat Zille voorstel sal lei tot 'n verdere fiasko, naamlik dat Vigs-medikasie deur die staat voorsien word asook toetse en bykomende regsremedies ingestel word om pasiënte, die slagoffers, te kriminaliseer.

Haar voorstel is, om die minste te sê, skrikwekkend. In 'n land waar selfs bejaardes verkrag word in 'n voortslepende etniese suiweringsveldtog, en slagoffers soos die verkragte Tukkie sekerlik kan baat by anti-retrovirale behandeling, moet sulke mense nou boonop as kriminele gebrandmerk word omdat hulle MIV opgedoen het?

Dat Zille gek genoeg is om seks te probeer reguleer, en die howe verder te oorlaai met sake wat waarskynlik nooit sal slaag nie, spreek van haar onbekwaamheid.

Sal mevrou so vinnig twiet om 'n aanklag van moord te bring teen die draers van weerstandige (XDR) TB wat staatshospitale ewe duur kos? Dalk diegene wat van Coke Cola en witbrood leef lewenslank opsluit? Natuurlik nie, want dit sal haar haar swart kiesers kos om konsekwent in haar benadering tot die reg en die wet op te tree.

Die DA het die afgelope vyf jaar stilgestaan, eintlik gekrimp, en met die laaste veldtog danksy 'Stop Zuma' en media24 weer 'n bietjie ingehaal op die verlore paar stemme. Dit is te verstane dat Zille, wat haarself as die nuwe president van die land probeer voorhou, moet begin wonder hoe bring 22% van die kiesers 'n mens by daardie doelwit. Met Midvaal in die agtergrond kan dit nie maklik wees nie.

En om kort-kort 'Verwoerd!' en 'AWB!' te skree, gaan algar net daaraan herinner dat dié twee Afrikaners die slagoffers van wrede politieke moorde was, elk aangehits deur 'n Helen. Eers Helen Suzman en daarna Helen Zille.

Ironies stem daar oortuigde kiesers vir haar wat glo in die Grondwet en die oppergesag van die reg. Wanneer die DA-leier verspotte wetgewing (vir watter rede ookal) voorstel, is dit dalk tyd vir die res van die party om Zille se Twitter-voorregte in te kort. Of nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: