praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Die lui Grieke...

Die lui Grieke...

E-pos Afdruk PDF
Griekeland se ekonomie is op die rotse omdat 'n klomp van olyf-spuwende, ouzo-verbruikende, lui Grieke weier om 'n volle dag se werk in te sit, aftree terwyl hulle nog tieners is, en dit alles met geleende geld. Noudat hulle skielik hoër belastings moet betaal, betoog hulle in die strate, breek vensters en brand banke, skryf Greg Palast.

Altans is dit wat die Angelsaksiese nuusagentskappe die wêreld wil laat glo. Die Amerikaners en Britte vertel ons al lank en gereeld, en met al hoe korter tussenposes, ook dat die Europese Unie "totaal ineenstort" danksy Griekeland.

Maar soos een ekonoom dit prontuit stel: Griekeland is 'n misdaadtoneel. Die man op straat is die slagoffer van 'n geknoei deur 'n bank met die naam van Goldman Sachs.

In 2002, het Goldman Sachs in die geheim €2,3 miljard van die Griekse regering se skuld gekoop, dit alles omskep in jen en dollar, en toe dadelik terugverkoop aan Griekeland.

Goldman het 'n groot verlies op die transaksie gemaak.

Is Goldman so dom?

Nee, Goldman het 'n geheime ooreenkoms met die Griekse regering aangegaan. Hul spel: Om 'n massiewe begrotingstekort te verberg. Goldman se vervalste verlies was die Griekse regering se vervalste bonus.

Goldman sou terugbetaling vir die "verlies" van die regering verhaal teen astronomiese tariewe.

Die punt is, deur middel van hierdie duur gekonkel, kon Griekeland se vryemark-regering maak asof sy tekorte nooit meer as 3 persent van die bruto binnelandse produk (BBP) is nie.

Bedrieglik en vir roofkapitaliste blykbaar heel koel.

Maar sulke konkelwerk is deesdae nie goedkoop nie: By die moorddadige rente, het Goldman die Grieke oor 'n kwartmiljard dollar in fooie gevra.

Toe die die nuwe sosiaal-demokratiese regering van Papandreou aan bewind kom, het hulle die boeke van nader beskou en Goldman se vlermuise het natuurlik uitgevlieg. Beleggers was rasend, en het monsterrentekoerse vir lenings geëis om hierdie skuld om te rol.

Griekeland se paniekbevange houers van effekte het hulle gehaas om versekering teen die land se naderende bankrotskap te koop. Die prys van die versekering, genaamd credit default swaps (CD's) of kredietwanbetalingsooreenkomste, het ook deur die dak geskiet. En raai wie het 'n groot stapel van die CDS-versekering te koop aangebied? Goldman.

Hul kliënte moes tevrede wees met wat in wese goud geverfde loodstawe was. Dit is egter Goldman se spesialiteit. In 2007, met die sub-primadebakel het Goldman 'n "netto kort" posisie teen hierdie effekte gehou. Dit wil sê, Goldman se finansiële "produkte" was weddery wat hulle geweet het in die asblik sou eindig. Hulle kon sodoende die helfte van 'n miljard dollar op hul "netto kort" posisie in hulle sakke steek.

In plaas daarvan om Goldman se uitvoerende hoof, mnr. Lloyd Blankfein in 'n hok deur die strate van Athene te paradeer, kry die Griekse volk die skuld. Die "verspreiding" van die skuld het nou gestyg tot $14 000 per gesin per jaar. Geen wonder die mense betoog nie!


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: