praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Groenskrif oor grondhervorming

Groenskrif oor grondhervorming

E-pos Afdruk PDF

Die basis vir die Groenskrif oor grondhervorming is steeds die ANC se Nasionaal Demokratiese Rewolusie, die NDR.  

Getrou aan die NDR verklaar die Groenskrif dat "alle anti-koloniale strydaksies in hul wese oor twee aangeleenthede gaan: herbesitneming van grond wat deur mag of misleiding verloor is; en die hervestiging van die sentraliteit van inheemse kultuur."

Maatskaplike navorsing wat die onlangs tyd onderneem is, toon ook aan dat die persepsies van wit en swart inwoners toenemend is dat wittes die grond by swartes "gesteel" het. Dat die ANC en hul mondstukke in die gedrukte media 'n suksesvolle bewusmakingsveldtog gelei is, is gewis.

Daarom verklaar die Groenskrif dat "....die debat oor landboutransformasie, grondhervorming en landelike ontwikkeling" begin met "nasionale soewereiniteit", aangesien nasionale soewereiniteit in terme van grond gedefinieer word.

Die ooglopende gevolgtrekking is dus dat nasionale soewereiniteit nie herstel kan word alvorens 'n genoegsame hoeveelheid grond deur swartes oorgeneem word nie. Hierdie "fundamentele veronderstelling" oortref blykbaar alle ander oorwegings, ook " doeltreffende grondhervorming, en voedselonafhanklikheid en -sekuriteit".

Heel duidelik gaan manna uit die hemel neerdaal om Suid-Afrika te voed, want voedselsekerheid is beslis nie 'n bepalende oorweging binne die raamwerk van die NDR nie.

Die "wreedaardigheid" van kolonialisme en apartheid; en die "sistematiese uitdunning en verarming van die Afrika-bevolking," is soos gewoonlik die ANC se bedenklike morele basis vir hul uitsprake. Dat die lewensverwagting van swart Suid-Afrikaners na benede getuimel het ná die afskaffing van apartheid, skeel die ideologiesgedrewe grondhervormers min.

Die Groenskrif prys swartes se enorme kapasiteit om blankes te vergewe ten spyte van "die woede, bitterheid en pyn van diegene wat aan hierdie wrede behandeling onderwerp is". Die beswaardes waarsku egter dat "hierdie welwillendheid nie as vanselfsprekend aanvaar behoort te word nie, omdat dit nie 'n onuitputbare maatskaplike bate is nie". Dit moet natuurlik lees: "As julle wittes die grond oorhandig sal ons julle ophou doodmaak".

Organisasies soos AgriSA het konsekwent bewys dat hulle grondhervorming ondersteun en dat hulle bereid is om met die regering hieroor saam te werk, want hulle verstaan volgens die FW de Klerk-stigting die "ware refleksie van die diep pyn wat swart Suid-Afrikaners steeds oor die verlede ervaar".

Dié soetsappige meelewing hou nie daar op nie. Die De Klerk-stigting meen "Suid-Afrikaners was ongetwyfeld onregverdig van eiendomsreg ontneem en verhoed om grond buite die tuislande te besit. Dit is presies oor hierdie rede dat ons grondwetlike akkoord voorsiening maak vir 'n gebalanseerde proses van restitusie en grondhervorming."

Nie 'n woord oor die algehele mislukking van die sogenaamde grondrestitusie nie, die talle navorsingstukke wat aantoon dat verstedeliking veroorsaak dat swartes nie in boerdery belangstel nie en les bes, die foutiewe en kwaadwillge aanname van die Stigting dat plaasmoorde op wit boere eintlik geregverdig is vanweë die "diep pyn" wat swartes ervaar oor die verlede.

Volgens die Stigting het "vele Suid-Afrikaners" wel historiese, wettige en morele aansprake op landbougrond. Let wel, dis net nie wit Afrikaners nie, wat ironies genoeg in die volksmond deur vriend en vyand 'Boere' genoem word.

Die voorgestelde nuwe grondeiendomsregstelsel gaan onder meer 'n Grondbestuurskommissie; 'n Grond Waardeerder-generaal en 'n Grondregte Bestuursraad insluit. Dit sal gepaard gaan met die implementering van die Grondbesit Sekuriteit Wet, 2010.

AgriSA se samewerking om die swartes se "diep pyn" te verlig het dus gesorg dat swart plaasbewoners en hul afhanklikes onbeperkte en omvattende regte gegee word ten opsigte van veeboerdery en oesverbouing, dienste, opleiding, behuising en paaie.

Dis ongetwyfeld 'n verbetering op apartheid in dié sin dat die oordrag van hulpmiddele nou feitlik onbeperk sal wees. En die verpligtinge sal op die privaatpersoon geplaas word, maw, 'n geprivatiseerde vorm van apartheid!

Die rooi gevaarligte flikker vir voedselproduksie in Suid-Afrika. Grondhervorming gaan volgende jaar by die ANC-konferensie in Mangaung die sentrale vraagstuk wees en dit behoef geen siener om te weet wat op ons boere wag nie.

Die Groenskrif kan slegs geïmplementeer word deur die Grondwet te wysig. Gugile Nkwitini – die Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling – sê prontuit hy oorweeg só 'n stap.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: