Ek maak bogenoemde stelling op grond van 'n gebeurtenis hierdie afgelope Sondag by die APK op Rayton net buite Pretoria. Dis 'n Sondag soos alle ander en die omgewing se mense is kerk toe. My swaer is op parkeerterreindiens. Die mense is net die kerk in, toe 'n motor se alarm afgaan. Niksvermoedend gaan my swaer ondersoek instel, want verlede Sondag het 'n motor se alarm ook gelol. Dis toe dat ta op hom afstorm met 'n inbreektoestel en hom oopkloof net onder sy ken. Terselfdertyd sien die orrelis die groep swartes en maak alarm in die kerk. Binne 'n oogwink is al die manne in die kerk uit en toe begin die aksie.
'n Paar jaar lank is die veiligheidsgroep nou al geslyp deur al die plaasaanvalle en dinge gebeur sommer outomaties. Verskeie mans blokkeer die verskillende ontsnaproetes uit Rayton. Die radios gons, die polisie word gekontak. Twee maal word die drie makkers reg van voor af "chicken" mee gespeel en twee maal swaai hulle uit oor die sypaadjie. Uiteindelik spring hulle toe uit en laat spaander in verskillende rigtings die veld in.
'n Boer sit een agterna met sy 4x4 oor drade en slote en trap hom vas. Dié was na sy arrestasie in so 'n toestand dat die lugambulans hom moes casavac. Nommer twee is ook aangekeer en die derde het ongelukkig weggekom. Die polisie reken dis 'n ou en gedugte bende wat lankal gesoek word.
Verskeie afleidings word uit hierdie een episode gemaak: Eerstens het ons hier te make met 'n keelvol gemeenskap wat mekaar se belange as gedeelde belange sien. Tweedens eis hierdie gemeenskap 'n bestaansreg op wat groter en beter is as wat die NSA regering kan bied. Derdens is hier al meer gedoen as net praat - die gemeenskap het homself begin handhaaf. Vierdens, dis 'n Afrikanergemeenskap wat nie elders heen verhuis het in brokstukke nie, maar ingegrawe het.
Nouja - waar 'n rokie trek.... Hierdie is maar net een terrein waar 'n Afrikanergemeenskap hom self bewys het, Daar is vanselfsprekend 'n dieper filosofie hieragter, want dinge kom nie sommer maar net vanself nie. Die boer in Zim het omgerol, maar hier by ons weet ek nie so mooi nie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





