praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Opkomende wetenskaplike wêreldbeeld neig na geloof

Opkomende wetenskaplike wêreldbeeld neig na geloof

E-pos Afdruk PDF
Volgens Westerse wetenskap, wiskunde en kosmologie, kan die "Big Bang" nou herdoop word na "The Big Babe", soos in: bielie-van-'n-Baba.

In die "Kwantumlig" van Stringteorie - 'n soort Westerse musiekteorie - was die heelal-oerknal eintlik die geboorte van 'n nuwe baba, na 'n "bevrugtingsbotsing" tussen 'n meerdimensionele "pappa" en "mamma"-braan in 'n lewende Multiversum.

In die 21ste eeu is wetenskaplikes, kosmoloë en ingenieurs wêreldwyd besig om met behulp Kwantum-Meganika en Stringteorie sowel as Termo- en Vloeidinamika, 'n nuwe wêreldbeeld te bou, die sogenaamde "Teorie-Van-Alles".

Hierdie nuwe wordende wêreldbeeld is sedert die begindae van Kwantum-Meganika misterieus, en word nou met die byvoeging van meer-dimensies en die sisteemkonsep van "Emergence", dit is die Holisme van Afrikaner Jan Smuts, nog meer sakraal.

Hierdie opkomende wêreldbeeld is op Wikipedia sigbaar vir almal wat letterlik die lig wil sien, gelowiges sowel as ongelowiges, want dit is ten diepste 'n teorie van lig, eerder as van gravitasie wat in die opkomende paradigma nie meer 'n fundamentele verskynsel vorm nie.

Die wereldbeeldrewolusie vanaf Aardgesentreerd na Songesentreerd het honderde jare geduur, en geweldige groot en negatiewe politieke gevolge vir die destydse invloedryke kerk - aanvanklik een gesagvolle globale liggaam - gehad.

Die huidige wêreldbeeldomwentelling, vanaf Albert Einstein se Gravitasie-gebasseerde en goedkoop gedagte-eksperiment, na een meer Ligstraling-gesentreerd, met regte egte plasma-eksperimente in laboratoriums met peperduur masjiene, sal analogies ook groot gevolge vir vandag se globale gesagstrukture inhou.

Vir die Afrikanernasie is enige verandering in globale gesagsverhoudings voordelig, en 'n paradigma wat neig na meer geloof - soos die opkomende Teorie-Van-Alles wereldbeskouing inherent impliseer, kan makliker ressoneer met die Afrikaner se tradisionele religieuse Christelik-Nasionalisme.

Hoewel die Afrikanerkultuurorganisme se Afrika-identiteit in sy taal gesetel is, benodig kollektiewe politieke Afrikaneraksie een of ander gedeelde tradisie en geloof.  Oor die komende dekades sal die huidige verdelende kakafonie van vrye gedagtes deur die opkomende Westerse wêreldbeeld se terugkeer na geloof en gesag getemper word. Voeg daarby die unieke Voortrekkertipe-omstandighede van Afrika, en die Skeppervader beskik oor 'n vrugbare natuurlike omgewing vir die verskyning van 'n grondig hervormde Westers-wetenskaplik Christelike geloof en gesag. 

Volgens die nasionalistiese digkuns van 'n groot Afrikanergees, GA Watermeyer in Die republiek van duisend jaar, en wat elke ware Afrikanerleier moet glo en bely:

In Lig wat tot bewussyn kom
erf ons die rigterstaf van Hom,
word voorwaens in die Groter Trek
wat weer die wysheid herontdek.

Klein windgerukte Westerloot
wat in die Suide stam kom stoot,
jy brei tot boom wat vrugte dra
oor breër grond as Afrika...

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: