Die welbekende Oerknal verskynsel was 'n logiese reaksie vannatuurwette. Ons weet dat daar 'n Oerknal was te danke aan die Hubble-verskynsel wat bewys dat die heelal uitsprei, wat dan op sy beurt 'n logiese gevolgtrekking tot stand bring dat daar 'n sentrale oorsprongpunt was. Solank daar wette soos gravitasie is, sal iets uit niks konstant bly ontstaan. Gravitasie is 'n skeppingskrag omrede dit kernfusie bewerkstellig wat sterre soos ons son laat ontstaan waaruit lewe 'n byproduk is. Spontane skepping is die rede hoekom daar iets is, en nie niks is nie. Die Heelal het eenvoudig nie 'n God nodig om dit te bewerk nie, die natuurwette sorg daarvoor en is uitroeping na 'n God dus oorbodig.
Om hedendaags met al die kennis tot ons beskikking nog steeds oeroue God-kultusse aan te hang, maak eenvoudig nie meer sin nie. Dit is verbysterend hoe van hierdie kultusse hulle raklewe met omtrent 4000 jaar oorskry het.
4000 jaar gelede het die mense natuurlik nie hierdie dinge geweet nie en het hulle gode geskep om sin te probeer maak van hulle bestaan. Interessant dat hoe verder mens in die menslike beskawingstydlyn terugkyk, hoe meer politeïsties raak dit. Dit wil voorkom asof hierdie mense 'n god nodig gehad het vir elke onverklaarbare natuurverskynsel. En dit was ook dan juis so. Ons sien dit in Semitiese Mitologie: El, Jahweh, Sjaddaj, Adoon en Elohim ens, Griekse mitologie: Zeus, Apollo, Hades, Athena ens, Romeinse mitologie: Jupiter, Liber, Mars, Pomona ens. en Germaanse mitologie: Wodan, Thor, Loki, Balder, Freya ens.
Maar hoe het die mens verstrengel geraak in hierdie kultusse? Een van die redes blyk vrees te wees soos hedendaagse navorsing bewys. Daar is ook 'n onsettende obsessie met die dood en die na-dood en deur jare lange repetisie van dogma, het die eens vry gees gevange van die voorouers se gode geraak. Mens kan so ver gaan om te se dat die religieuse mens se gedagtes aan ander se idees van realiteit behoort.
Soos die mens vermoderniseer het, het hierdie gode oorbodig en dus minder geraak. Moslems het byvoorbeeld net vir Allah, die Jode Jahweh en Christene die heilige Drie-eenheid.
Ons is dus net een God weg van totale bevryding.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





