praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe 'n Ope uitnodiging tot gesprek aan FW de Klerk

'n Ope uitnodiging tot gesprek aan FW de Klerk

E-pos Afdruk PDF

Dit was nog altyd vir my onverstaanbaar hoekom u aan ons Afrikanervolk gedoen het wat u gedoen het en wil hiermee u uitnooi om in gesprek te tree en aan ons te verduidelik sodat ons as volk ook kan verstaan.

Ons onbegrip lê by onvermoë om te verstaan wat het ons verkeerd gedoen of nie gedoen nie wat u genoop het om ons uit te lewer aan die swartmense in Afrika?

Hoe voel u in retrospek daaroor?

Hoe voel u oor ons land se wanordelike verval?

Hoe voel u oor ons mense wat so uitgemoor word?

Hoe voel u oor ons kinders wat in substandaardskole opgevoed word?

Hoe voel u oor ons voorvaders se arbeid en geskiedenis wat vernietig word en is?

Hoe voel u oor oor n kwart van ons Afrikaners wat nou gereduseer is tot 'n plakkerskampbestaan?

U is op die allerminste, dit aan ons verskuldig as u 'n eerbare man is soos ons gedink het u is - per slot van rekening betaal ons Afrikanervolk nog u  maandelikse pensioen aan u elke maand.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: