praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Jan-Jan Joubert se nuwe laagtepunt

Jan-Jan Joubert se nuwe laagtepunt

E-pos Afdruk PDF

Enigiets om die sirkulasiesyfers van n tanende Rapport op te skuif. Dié gedagte kom onwillekeuring na vore met Joubert se artikel vandag in Rapport waarin hy verwys na n JC van der Walt se boek "Zululand True Stories".

Tegelykertyd onbreek die manmoedigheid. Pleks van man te staan vir sy artikel verontskuldig hy homself deur  te sê dat die "boekeredakteur" (redaktrise Jan-Jan?)  Anastasia de Vries hom gevra het om die boek te resenseer.

Verder beweer Joubert dat Boere swart kinders gevang het as slawe - wat die vraag laat ontstaan, om wat mee te doen, en wat het van die slawe daarna geword dat dit die geskiedenisboeke 350 jaar ontduik het?

Die Britse heersers in die Kaapse Kolonie het wel swartes uitgevoer en as slawe dwarsoor die bekende wêreld van die hand gesit. Die bronne van hierdie "geskiedenis" se oorsprong kan hoogs waarskynlik spruit uit Zoeloeverhale waar die storievertellers nie kon onderskei tussen Brit en Boer nie - daar beide blank was.

Dus is dit vermoedelik voorbarig van Joubert om hierdie stories tot geskiedkundige feite te verklaar waarop hy dan sommer as "outoriteit" in gekiedenis aannames maak dat die Afrikaner nou moet verstaan en  voorstel dat die Afrikaner hom nie vir sy voorouers se vergrype hoef te skaam nie.

Hierdie tipe van vergryp is eie aan die Britte; dis 'n geskiedkundige feit at Boerevroue en - kinders soos diere in draadkampe aangehou is.

Joubert as geskiedkundige "outoriteit" laat egter na om te noem hoe die Boervroue verkrag is deur die Britte en hulle swart helpers. Dis ook 'n bewese feit aangaande die Zoeloes is dat hulle blanke kinders aan hulle voete gegryp het en hulle skedeltjies teen die wawiele vergruis het - n wreedheid wat 350 jaar later nog nie verander het nie.

By voorbaat sal die inhoud soos geresenseer deur Jan-Jan Joubert my oortuig dat die boek van JC van der Walt nie die moeite werd is om te lees nie.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: