Mak du Preez, bietjie verwaarloos van voorkoms, was onlangs op TV in gesprek met Rian van KykNet-faam wat self sy eie probleme rondom geslagsidentiteit ervaar. 'n Mens kan dalk die aanklank van dié twee by mekaar verstaan, gesien in die lig daarvan dat Max voel dat dr. Dan Roodt verlief is op hom.
Max voel ook dat dit sy pa se skuld is dat hy so eerlik is om intense empatie met swartes te ervaar. Hy het blykbaar gebroke gevoel oor 'n sterwende swart SWAPO-man wat vir hom vra: "Het die baas vir my water?" Hierteenoor vind hy die huidige wrede moorde op blankes deur swartes nie eens belangrik genoeg om oor te praat nie. Hoekom sy pa vir hom kwaad was tot kort voor sy dood is 'n duister saak en die dominee-familie is ook skuldig weens hulle invloed op sy teder kindergemoed - dié Max het dit moeilik gehad.
Vandaar sy gereelde, beledigende uitbarstings in die media teen dr. Dan Roodt van PRAAG.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





