praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Ope brief aan Praag

Ope brief aan Praag

E-pos Afdruk PDF

Is dit net ek of is hier 'n hewige anti-Afriforum/Solidariteit sentiment? Die agbare heer L.I. Bertijn vertel eers hoe groot geskenk Zuma aan die Afrikaners is en dan weer watter selfbehepte skollies die bestuur van Afriforum is!

Mis ek iets? Net omdat Afriforum hul gedistansieer het van die VF+, iets wat ek kort na die Cornelius Janse van Rensburg-storie al gedoen het, moet hul nou uitgewerp word in die buitenste duisternis en as melaats behandel word?

Is ons weer terug by die kwessie van as iemand nie met jou saamstem nie, te hel met hom? Mense ons kort...nee, ek pleit vir 'n vernuwing in denke! Dr. Roodt moet asb nie dat PRAAG in die selfde geïsoleerde toestand raak as die HNP nie. Dit is n pad na nêrens! Eendrag maak nog steeds mag. Laat ons van mekaar verskil sonder om te etiketeer en sonder om te isoleer! Laat PRAAG van krag tot krag gaan.

Daar sal baie water moet vloei voor ek weer VF+ stem, maar ek wens Mulder en Mulder geen teenspoed toe nie, inteendeel.

As die toekoms leer dat hul al die tyd reg was en ek verkeerd, sal ek meer as gewillig wees om my dwaling te erken en met trots te volg.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: