praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Die Afrikanerpolitieke hindernisbaan

Die Afrikanerpolitieke hindernisbaan

E-pos Afdruk PDF

Die afgelope week is daar baie gesê, bespiegel en geraai oor die bedanking van Willie Spies by die VF+. Daar is genoem dat hy sy speelgoed uit die wieg gesmyt het, omdat hy in die openbaar deur 'n VF+-spreker as 'n VF+-leier genoem is. Iets wat na bewering, sy en sy "werkgewer" Afriforum, se vere omgekrap het? As dit waar is, sal mens ernstig moet wonder oor Afriforum en dié se meesters, se politieke aspirasies...

In die proses het bespiegelaars al twee kante van die geroeste munt probeer poleer en laat gesig boontoe land.

Sommige Pro-VF-Plussers noem Spies se bedanking 'n geval van waar 'n "leier", Spies, vir eie voordeel die Afrikaner benadeel, deur nog tweespalt (meerspalt) in Afrikanergeledere te skep.

Ander reken dat sy bedanking bewys dat die VF+ 'n doodloopstraat geword het vir Afrikanerbelange en slegs daar is om sy eie leierskap se neste te veer.

In die vuilspel genaamd politiek, sal die waarheid natuurlik selde indien ooit die lig sien. Almal op die kantlyn en in die pawiljoene sal voortdurend maar moet raai wat aangaan. Want selfs die "waarheid" geuiter deur beroepspolitici, is bes moontlik 'n gepoleerde leuen. En die gedienstige ondersteuners sal enige iets glo, solank elkeen se persoonlike  voorkeur-"kaptein" van die vuilspel, dit kwytraak.

Wanneer gaan Afrikaners leer om vir hulself te dink?

Wanneer gaan Afrikaners die regte vrae begin stel en aandring op feite as antwoorde?

Dit neem 12 jaar om 'n Afrikanerkleuter te laat matrikuleer.

Dit neem 16 jaar om 'n Afrikanerkleuter te laat gradueer.

Bogenoemde is natuurlik waar, selfs al is die kleuter effens lui, doen hy net die nodigste en is hy doodgemiddeld in intellek, motivering, deursettingsvermoë, inisiatief, skeppende denke, selftrots, doelstelling, doelwitbepaling en probleemoplossing.

Hoe lank kan dit reeds opgeleide - in baie gevalle lank reeds gegradueerde - professionele Afrikanerpolitici neem, om dít wat hul na eie bewering vir die Afrikanervolk nastreef, te bereik?

Is hul resultate 'n aanduider van hul persoonlike plekkies op die intellekglyskaal? Is alle politici ongeag ras en volk dalk dieselfde, minder geseënd met intellek, maar in oormaat belas met sluheid?

Watter bereikbare en meetbare doelwitte het hulle gestel en bereik, op pad na die doel?

Wat het hulle in die afgelope 16 jaar vir die Afrikanervolk bereik?

Wat presies is hul doel?

Glo hulle self in daardie doel?

Is daar 'n padkaart van bereikbare en meetbare doelwitte oppad na daardie doel?

Is daar 'n padkaart met gebeurlikheidsbeplanning en regstellende doelwitte vir die oorkom van bestaande en voorsiene hindernisse, op die pad na die doel?

As die bereiking van politieke doelwitte, gelyk staan aan kapitaal en waardegroei van aandele en die verbetering van Afrikaners se vryheid, veiligheid en voorspoed, gelyk staan aan halfjaarlikse dividende-uitbetalings, hoeveel Afrikaners sou selfs een sent in die maatskappy belê het?

Hoe verskil hierdie "maatskappy" van die ANC, rakende waarde vir hul aandeelhouers?

Wie trek voordeel uit hierdie twee "maatskappye"?

Die "raad van direkteure" en bestuur?

Miskien sekere werknemers vanaf sekere senioriteitsvlakke?

Miskien sekere ondersteuners met die regte vlak van kontakte binne die maatskappy… hetsy vriendskaps- of familiebande?

Wat kan watter sogenaamde pro-Afrikaner-"maatskappy" wys en bewys, wat hulle oor die afgelope 16 jaar vir die Afrikaner bereik het?

En dit is spesifiek hier waar die papaja deur die waaier spat!

Sommige gaan beweer:

  • hulle het SA burgers in die buiteland stemreg gegee,
  • hulle het 'n naamsverandering of twee uitgestel in die toekoms in,
  • hulle het een of twee Afrikaanse skole tydelik gered van verengelsing en dus verswarting,
  • hulle het diplomatiese uitsprake gelewer rakende die swart regering en sy gesante se anti-blanke uitsprake en optredes,
  • hulle het diplomatiese uitsprake gelewer rakende swartes se moord en doodslag, verkragting en marteling en roof en vernietiging, onder ons blankes en Afrikaners,
  • hulle het Afrikaners geregistreer by UNPO,
  • hulle het UNPO ingelig oor die moorde op boere in Suid Afrika,

Wat nog? Wat presies het hulle bereik?

Basies niks!

Wat is van die grootste bedreigings wat die Afrikaner in die gesig staar?

  • verlies van eie grondgebied en soewereiniteit
  • verlies van vryheid,
  • verlies van veiligheid,
  • verlies van voorspoed,
  • verlies van eie kultuur, taal, lewenswyse, eiesoortigheid, ens.

In 16 jaar, wat het watter sogenaamde pro-Afrikaner-"maatskappy" gedoen en bereik, om bogenoemde verliese ongedaan te maak?

Watter pro-Afrikaner-"maatskappy" is selfs bereid om die verwerwing van bogenoemde, in die openbaar as doel uit te bulder?

Nee, ons het "leiers" en sommige van hul gunsjagters, wat diegene wat verby die mooi woorde en kamoeflering kyk, as onminsaaiers en volksverdelers uitkryt.

Waar's die doel, bereikbare en meetbare doelwitte, planne om dit uit te voer, resultate en aanspreeklikheid?

As jy jouself as die leierskap van die Afrikervolk wil ag, bestuur die Afrikanermaatskappy na kapitaalgroei, winste en leefbare dividende. Hoe lank dink jy kan die Afrikanermaatskappy bankrot bly, voor jy die kollektiewe middelvinger kry?


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: