Amen. Ek stem saam met Dan Roodt oor FW se oorgawe. Dis ook nou water onder deur die brug om oor oud-NP verraad te debateer, dit gaan ons nêrens bring nie. De Klerk se verraad, of dit gedwonge of nie afgedwing was nie, is voorspel.
Ek glo nie al die interpretasies van Siener van Rensburg nie, veral nie van dié wat aannames maak wat nie heeltemal gestaaf kan word nie.
Prof. Andries Raath, na my mening, is die enigste geloofwaardige en gebalanseerde kenner van Siener van Rensburg.
Die tyd waarin ons nou leef is ook deur Siener "so donker" voorspel, ons donkerste tyd nog.
Siener het ook gesê die Afrikaner sal eers werklik voor God moet buig voor ons verlos sal word van die donker magte. Volgens my oordeel sal die finale aanslag binne 5 jaar geloods word ten tye van 'n swart leier se dood.
Mandela? Zuma? Dis 'n ope vraag. Daar gaan wittes (baie van hulle) wees wat gaan hensop, verraai en join. Dit kan ons beslis verwag. Dis die uiteindelike skeiding tussen die wit Afrikaan soos Mad Max en die regte Afrikaner wat dan sal plaasvind.
Dat witmense ook sal moet vlug voor 'n erge slagting, sal waarskynlik gebeur en dat ons om oorlewing sal moet veg seker ook. Dan sal ons weer ons vryheid terugwen, ook soos dit voorspel is.
De Klerk en sy trawante sal dan verantwoording moet doen vir hul dade en hulle verraad as die grootste laagtepunt in ons geskiedenis onthou word.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





