Die vryheidsgesprek op Praag en ander forums (fora?) het die afgelope weke tot 'n hoogtepunt gekom. Ek weet dis nie die einde van die pad nie, en ons sal mekaar nog baie moet skaaf en rigting gee.
Maar ek merk 'n verblydende eensgesindheid op, en ek dink dat daar al hoe meer konsensus ontstaan. Die groot uitdaging is nou om die gesprek uit te brei na mense wat nie internet of e-pos toegang het nie. Ek wens ook ons kon 'n gebalanseerde en juiste opsomming maak van die konsensusgesprek tot dusver, iets wat dalk ook op papier kon verskyn as hoofstuk 1 van die Afrikaner se segetog na selfbeskikking.
Ek waardeer die artikels van Anton Barnard en Johan Wingard en Dan se skitterende bydraes, maar kan ons nie iets gekombineerds kry wat as baken ingeslaan kan word nie? Ek vrees die warm gesprekke en goeie gedagtes sal later soos reën in die sand verdwyn. Wie van ons het deesdae tyd om die argiewe te fynkam?
'n Boek hieroor is dalk die antwoord, maar dit vat te lank om te verskyn, en is te duur! om wyd te versprei. Kom ons vra 'n redaksionele komitee om die pitkos in verteerbare vorm saam te vat.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





