praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Sunday, 05. February 2012

Bygewerk op:05:27:19 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Orania en Obama

Orania en Obama

E-pos Afdruk PDF

Die huidige ronde van die volkstaatdebat het híér begin op 11 Januarie 2010:

Sou jy dit oorweeg om in 'n volkstaat te bly?

Ja: 56% 6191 stemme

Nee: 27% 2941 stemme

Dit hang af: 17% 1912 stemme

Aangesien ek op generlei wyse betrokke is by Beeld of Naspers nie en ook nie 'n pleitbesorger vir hulle is nie, is dit natuurlik nie aan my bekend wat hulle beweegredes of motivering was om die meningspeiling te hou nie, maar één ding wat soos 'n paal bo water staan, is dat hulle méér gekry het as waarop hulle gereken het.

Let wel: dit was nie 'n peiling oor Orania in die besonder nie, maar oor 'n volkstaat in die algemeen.

Al het ek ook nie 'n opdrag van Orania nie, is dit vir my duidelik dat, van Pieter du Toit se abortiewe poging om hulle verleentheid oor die uitslag te verbloem en te verdoesel, tot Tim du Plessis se rubriek in Vrydag se Beeld asook uit die leserskommentare, dat die oorgrote meerderheid mense die Afrikanervolkstaatgedagte koppel aan Orania.

Heeltemal tereg ook, want dit is die Oraniërs en hulle voorsate/voorgangers wat dekades gelede al die volkstaatgedagtes en -pogings geloods het met, onder andere, die nedersetting by Morgenzon.

Aangesien "enige publisiteit beter is as geen publisiteit", is die huidige debat dus 'n welkome bonus vir Orania en sou 'n mens verwag dat ondersteuners van die ideaal hulle ingevolge goeie ou boere gesonde verstand sou vereenselwig met die Orania vertrekpunt, wat oortuigende getuienis lewer van die praktiese haalbaarheid van die volkstaatgedagte, mits 'n mens die moed van jou oortuiging het.

Wat sien ons egter?

Skielik kom elkeen te voorskyn met sy eie mishoop waar hy wil koning kraai, van Anton Barnard en Dan Roodt tot Danie Goosen, in plaas daarvan dat hulle skouer aan die Ossewaniawiel sit en die Orania-inisiatief met volle oortuiging en alle mag ondersteun.

Één opslaanhuis is méér werd as tien lugkastele!

Nou wil julle seker weet waar kom Obama dan in...

Reeds gedurende die Amerikaanse presidensiële voorverkiesingsveldtog was daar die enkelinge wat gewaarsku het dat, in teenstelling met McCain, Obama géén bewese rekord van praktiese leierskapsprestasies het nie, maar niemand wou luister nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: