Ek verwys na die brief van Heinrich Zaayman: 'n Kritiek op die Afrikanerleiers.
Heinrich, baie dankie. Jou brief is baie belangrik en verwoord die gevoel van baie van ons. Die probleem is duidelik leierskap en ons gebrek aan leiers.
Die probleem kan op die langer termyn opgelos word met die verkiesing van 'n volksraad deur die proses wat die Volksraad Verkiesing Kommissie behartig. Die probleem is egter dringend en ons benodig 'n tussentydse leierskap. Ekself dink nie ons heil lê by organisasies nie en ons moet verkieslik leiers kry wat deur die volk self verkies of aangewys is.
Na my mening behoort dit nie te moeilik te wees nie. Eerstens het ons 'n organiseringskomitee nodig. Dan moet die komitee - spoedeisend - 'n volksvergadering reël op 'n sentrale plek (bv. iewers in die Vrystaat). Die volksvergadering sal net een punt op die agenda hê: die verkiesing van een of meer leiers. Die volk kan opgeroep word tot die vergadering deur middel van moderne kommunikasiemiddels. Wie, en hoeveel, ook al opdaag verkies tydelike leiers totdat die volksraad verkies is. So verkry ons dan verkose leiers wat namens ons kan praat en optree.
Soos die driemanskap van die Eerste Vryheidsoorlog.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





