praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Croukamp se liberale vloermoer

Croukamp se liberale vloermoer

E-pos Afdruk PDF

As akademikus het dr. Piet Croukamp op RSG se program, Kommentaar, jammerlik gefaal toe die huidige debat oor die volkstaatgedagte aan die bod gekom het. In plaas van om ‘n akademies verantwoordbare agtergrond te skets, het hy emosioneel die gedagte aan die hand selfverklaarde liberale beginsels aangeval.

Hy het as sterk voorspraakmaker vir liberalisme ingetree, wat nie weerspieël dat dit ‘n gedagterigting is was wyd, soos in Europa, die wind van voor kry nie soos blyk uit ‘n artikel van Jan-Jan Joubert, maar meer gereeld deur dr. Leopold Scholtz.

Dit sal jammer wees as die liberale respons vervlak tot die punt waar dit net die wegsmyt van speelgoed uit die kot behels.

Die debat oor die Volkstaat het nog min gefokus op die haalbaarheid van die liberale alternatief, en dit is hier waar die kwessie belig word.

Croucamp het self ‘n leidraad gebied oor hoe die liberale op die middelpuntvliedende kragte moet reageer wat nou so volkstaatsentimente aanwakker. Dit kom daarop neer om die spraakvryheid wat liberalisme bied, te gebruik om die droogmaak van die regering aan te spreek.

Presies hoe goed werk dit in die praktyk?

Nog lank voor die vorige algemene verkiesing by die stembus gevorder het, het talle stemme begin opgaan dat die DA se styl waarmee dit die regering en regeringsleiers (die ANC) aanval, gaan boemerang. Die gevolg was dat die verkiesing, soos dr. Pieter Mulder dit onlangs weer gestel het, op ‘n rassesensus neergekom het. Verskeie gesprekke moes na die verkiesing gevoer word om die lug effe gesuiwer te kry.

Reg of verkeerd, maar dit is die praktyk.

Kort hierna het dieselfde swart redakteurs wat die selfopgelegde perssensuur van politieke korrektheid verbreek het deur bv die krane teen oud-president Thabo Mbeki oopgetrek het, begin rem vasskop en sommiges in selfs geen onduidelike taal nie gewaarsku dat dié soort kritiek swart geweld kan ontlok.

Kort hierna het ‘n paar wit negrofiliste in hierdie koor begin saamsing.

Presies hoeveel liberale demokrasie bly oor as die uitoefening van hierdie opsie dié soort respons kry?

Of bietjie anders gestel: Is hierdie respons werklik minder gevaarlik as die respons op die volkstaatgedagte?

Croukamp het in sy reaksie wyd die “ons” by die liberalisme ingehark, deur onder meer deur na die verkiesingsuitslae te verwys. As akademikus was dit lomp om nie ook uit te wys dat dit wat kiesers volgens peilings wil hê of nie wil hê nie, soos die herstel van die doodstraf, teenkanting teen aborsies op aanvraag en ander tipiese sake op die liberale agenda, nie in hul verkiesingskeuses weerspieël word nie. Kortom, die kiesers se stem reflekteer veel meer ‘n laertrek-mentaliteit as die uitoefening van hul beginsels, bv, ons stem vir die DA want hulle is die sterkste opposisie teen die ANC. Die maklike vergelyking is dat wit kiesers nou hier tegnies ‘n ander ideologiese koers inslaan as die kiesers in Wes-Europa. Hoekom anders as ‘n laertrek-mentaliteit?

Die DA akkommodeer dit wel op die oog af deur aan kiesers en verteenwoordigers keusevryheid te bied oor sake soos die doodstraf, aborsies op aanvraag en gay huwelike. Dit probeer dus alles vir almal wees. Dit verg egter nie ‘n akademiese kragtoer om te besef dat hierdie opsie slegs deug solank die DA in die opposisie is nie. Sou die DA, hipoteties, aan bewind kom sou dit moet besluit na watter kant toe, en ongeveer die helfte (of selfs meer as die helfte) van die DA-kiesers gaan ervaar dat hulle nou iets kry waarmee hulle glad nie saamstem nie, en trouens, dalk uit beginsel, baie sterk oor voel.

Oor watter rigting die DA dan gaan koers inslaan kan min twyfel wees, gegewe die party se lidmaatskap van Liberaal Internasionaal. Om die ontgogelde kiesers te paai sal die “verduideliking” waarskynlik wees soos Cope se reaksie op lede se pleidooi vir die herinstelling van die doodstraf: “Die grondwet verbied dit. Punt.”

Wat natuurlik nie die waarheid is nie. Presies dieselfde bewoording wat hier tot die ophef van die doodstraf gelei het, verhinder verskeie state in die VSA nie om dit so uit te lê dat teregstellings steeds plaasvind nie. Dit sou liberaal eerliker gewees het om vanuit die staanspoor eerlik met die kiesers te wees, en nou reeds agter die grondwet te skuil. 

Die tipiese liberale demokraat stel aan kiesers die keuses om te stem waarvoor hulle wil. Kom dit egter by die volkstaatgedagte tree ‘n verbete geniepsigheid in, en word byvoorbeeld verswyg dat die moderne volkereg veel simpatieker teenoor die onderbou van die volkstaatgedagte, soos groepregte, outonomie en sesessiereg staan as teen gedwonge assimilasie wat ernstige kenmerke van outokrasie insluit.

Dit is uiteraard nie die liberale se taak om hierdie bemarking vir die volkstaatgedagte te doen nie. ‘n Mens het net bietjie meer akademiese suiwerheid van Croucamp verwag gegewe die feit dat niemand ander op die paneel (twee Media 24-joernaliste) dit kon doen nie.

Sonder erkenning van dit wat die VN bepaal, en wat in die grondwette van Indië, die Europese Unie, en juridiese praktyk in lande soos die VSA, Kanada, Australië, Nigerië en vele meer praktyk is, word die kiesers deur ‘n liberale kartel mislei.  

Croucamp het Sondagaand die geleentheid gehad om hom as ‘n gebalanseerde politieke wetenskaplike te ontvou, maar het eerder die keuse uitgeoefen om ‘n liberale vloermoer te gooi.



blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: