Tim du Plessis, redakteur van Beeld, skryf verlede week: "(Jansen se) planne om die UV te 'transformeer' gaan daardie universiteit vinniger verengels as wat onder sy voorgangers gebeur het. Dis 'n tragedie en rampspoedig vir Afrikaans, maar dis sy en die bestuur se prerogatief om die universiteit op daardie koers te vat."
Ek is verlig deur die openlike erkenning dat die man wat deur Naspers so opgehemel word, Jansen, besig is om Afrikaans te vernietig en dat dit volgens Du Plessis sy goeie reg is!
Nou moet die gevestigde Afrikaanse pers tog net nie weer maak asof hulle vir Afrikaans en Afrikaners omgee nie. Hulle is mak ANC-handlangers wat hulle wit Afrikaanse lesers wat hulle salarisse betaal, willens en wetens na die slagpale lei.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





