As groot liefhebber van slapstick komedie was “The Onion Movie” (ook bekend as “The News Movie”) vir my ‘n treffer. Die spot word gedryf met almal en alles, soms bietjie smaakloos, maar heeltyd snaaks.
Een van die snaaksste oomblikke in die fliek was toe ‘n gemaskerde rower, gewapen met ‘n rewolwer, ‘n bank binnestorm. Die kassiere begin onmiddellik kontant in ‘n sak pak, maar die rower merk verontwaardig op dat hy nie geld soek nie, maar ‘n betrekking by die bank, sodat hy kan werk en sy eie geld kan verdien. Rewolwer in die hand, masker op die gesig, dring hy aan om onmiddellik in diens geneem te word. Skreeusnaaks!
Slapstick is meestal snaaks omdat dit heeltemal oordrewe is, maar tog raak aan werklikhede. In Suid-Afrika word sulke oordrewe situasies egter werklikheid. Tydelike mynwerkers hou hulle bestuurders gyselaar onder in die myne totdat die topbestuur permanente poste aan die werkers belowe! Moet ons lag of huil? Of moet ons dringend, aktief daaraan werk om Afrikaner selfbeskikking ‘n werklikheid te maak?

| < Vorige | Volgende > |
|---|