praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Veg terug vir Afrikaans in die howe

Veg terug vir Afrikaans in die howe

E-pos Afdruk PDF
Wat Martin Labuschagne in sy betoog skryf is ongetwyfeld waar. Maar hoe ons die verdere aanslag deur die kommunistiese ANC teen ons hanteer, is iets wat deur ons besluit word en nie deur ons vyande nie!

Ek glo egter dat presies hierdie strategie van die ANC om Afrikaans en dus Afrikaners verder te benadeel, in ons guns kan tel. Waarom sal ons gedurig soos ‘n hond wat gewoond is aan afgeknou word, stert tussen die bene rondsluip?

As die ANC skree transformasie en verteenwoordigendheid, dan wil almal alle poste met swartes vul. En die Afrikaner en ander blanke honde wat reeds so erg oorgegee het dat hul op die rug lê en hulself bietjies bietjies nat piepie, staan voor in die koor om AA en BEE te dreunsing.

Is hierdie aanslag teen die Afrikaner se vermoë om homself in die howe te laat geld en gelykheid voor die reg te geniet, nie juis waar ons ‘n slag kan slaan vir meer Afrikaner verteenwoordiging en gelykheid nie?

Kan geen van ons geëerde en geleerde regskenners ‘n saak daarvoor maak dat presies hierdie praktiese taalprobleem in die howe, dit noodsaak dat daar landdroste, regters, aanklaers, advokate, prokureurs en hofstaf moet wees, wat verskillende taalgroepe in hul eie tale in die howe kan verteenwoordig, hanteer en verhoor nie?

Met ander woorde as daar nie ‘n Afrikaansmagtige regter of staatsaanklaer is nie, word ‘n Afrikaner se saak uitgestel totdat daar wel een is. En as die staat versuim om sy plig in hierdie verband na te kom, dan het beide die Afrikaner as volk sowel as die individu wie nie sy dag in die hof kan kry nie, ‘n saak en ‘n eis teen die staat.

Hierdie voorstel kan tien teen een baie meer ontwikkel word en elegant uiteengesit word.

Moet egter nie net lê om afgeknou en geskop te word nie! Byt terug! Of beskik die Afrikaner nie meer oor regsgeleerdes met die vermoëns, wil en trots om iets vir hulself en hul eie mense te doen nie?

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: