praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe SA Kandidate 2009

SA Kandidate 2009

E-pos Afdruk PDF

Die onlangse skeuring binne die ANC was te wagte. Die sogenaamde Young Lions, met behulp van die SAKP en Cosatu, het die binnekamers van ANC polities binnegedring en totale chaos veroorsaak. Dat dit goed was, is geensins te betwyfel nie. Ek dink baie min politieke ontleders het gedink dat ons demokrasie soos 'n reuse adrenalien inspuiting net 14 jaar vanaf ons eers demokratiese verkiesing sou kry.


 

Nie in hulle wildste drome het die Van Zyl Slabberts en Du Preez's gedink die ANC sou so vinnig in 'n sloot beland nie. Al ontken almal dit, bly die feit staan dat hulle teen 'n muur vasgejaag het met Mbeki se ontslag en hulle voortdurende pogings om Zuma te pootjie. Of dit egter nog die gewenste resultate gaan afwerp, moet gesien word. Ek dink Pieter Mulder se mening in sy toespraak tydens die inlywing van Mothlante, spreek absoluut boekdele. Die vraag staan steeds onbeantwoord, "Gaan hulle hierdie leeu kan tem?".
 
Wat egter interessant bly is die daarstelling van kandidate deur die verskeie partye. Die nuutgevonde KVP oftewel COPE van Lekota soek ondersteuning by oud-ANC-kandidate wat tydens hulle eerste politieke lopie op twyfelagtige en baie omstredene gedrag uit die party is. Of Allan Boesak so 'n goeie keuse was, is te betwyfel. Gaan hy werklik weer die vertroue van die kieserspubliek inwin na sy skuldigbevinding op aanklagte van diefstal?

Daar kan natuurlik geredeneer word dat hy weer 'n kans gegun moet word maar gaan dit werk, en hoekom moet die kieser in die land weer aan so iemand blootgestel word?  Bring eerder nuwe bloed in soos die DA poog. Ek sien dat Niekie Van Der Berg se aanstelling deur die DA uit baie oorde sterk veroordeel word. Hy word ook gesien as die groot Afrikaner-hater wat as domastrant en arrogant beskryf word.

Ek dink dit is 'n briljante skuif en dalk kan hy die Koos Van Der Merwe van oudsher word wat die Natte dikwels pers in die gesig gehad het van ongemak. Die ANC, andersyds, kyk weer verlangend in die rigting van mense soos Winnie Mandela. Met 'n vuurhoutjie-of-twee-toesprakie kan sy dalk net die vonkie wees in die volgende ANC-kruitvat. Met Malema byderhand kan die tweetjies 'n gedugte span vorm om die demokrasie 'n ander vorm te gee.
 
Een ding is seker: Hier kom 'n ding. Politiek gaan na die verkiesing nooit weer dieselfde wees nie, altans nie vir die ANC nie.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: