praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Hier gaan ons weer!

Hier gaan ons weer!

E-pos Afdruk PDF
Ek is van mening dat die meeste mense vir ‘n party stem oor die indruk of persepsie wat hulle van ‘n party het en nie sodanig oor die beleid van die party nie. Die indruk word hoofsaaklik deur die media geskep.

 

Die media kan ‘n party maak of breek.

‘n Sprekende voorbeeld daarvan kan in ons eie onlangse verlede gevind word.

U sal onthou hoe dat in die laat tagtiger jare net na die groot Inligting skandaal van die Nasionale Party die HNP al sterker geword. In elke tussenverkiesing het hulle steun gegroei en is die meerderheid waarmee die NP in vorige verkiesings gewen het, dramaties afgebring.

Met die algemene verkiesing van 1981 het die HNP sodanig gevorder dat hulle in Transvaal een derde van al die stemme op hulle verenig het. Landwyd het die HNP meer stemme as die amptelike opposisie die Progressiewe Federale Party behaal! Sou Suid-Afrika destyds ‘n proporsionele kiesstelsel soos tans die geval is gehad het, sou die HNP in 1981 die amptelike opposisie geword het.

Vir ontnugterde Afrikaners het die HNP almeer aantreklik geword. Desnieteenstaande het die HNP daardie jaar geen setel kon wen nie.

Maar die skrif was egter teen die muur vir baie NP-volksraadslede soos dr. Ferdie Hartzenberg en dr. Andries Treurnicht. Dit was vir almal duidelik dat dié volksraadslede met die volgende algemene verkiesing uit die groen kussings gelig sou word.

Dié groei in die steun vir die HNP het die skeuring in die Nasionale Party in 1982 te weeg gebring en die daaropvolgende stigting van ‘n nuwe politieke party naamlik die Konserwatiewe Party.

Ek onthou ook die volgepakte sale waar die HNP vergaderings gehou het. Dit was opsetlik ontwrig deur gestuurde dronk, breinlose Boere.  Die media was lief om daaroor te berig, maar dié taktiek kon die opgang van die HNP nie gestuit nie.

Voor die 1981 verkiesing was die media en hulle geldbase se strategie gewees om die leiers van die HNP te vervolg en te beswadder. Maar die mediabase kon die HNP se trompetwoorde van taal, volk, vaderland en vryheid nie met hulle perse en tikmasjiene doodskryf nie.

Toe kom die stilstuipe -  die nuwe strategie van die mediabase. Omdat die HNP nie doodgepraat of doodgeskryf kon word nie, moes die HNP doodgeswyg word. En die KP as die WEN-party uitgeBeeld word.

Die mediabase se strategie het uiteindelik daarvoor gesorg dat geen Afrikanerinvloed  meer geld nie. Van die illustere NP het minder as niks oorgebly.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: