Ons is reeds byna ses jaar in die VSA waar ek as apteker werk. Ek het 'n vrou met vier seuns. Ons wag nog steeds vir ons Groenkaarte, want die proses is tydsaam en baie duur. Kollegas van my wat die afgelope paar jaar ook probeer om die toelatingseksamen vir aptekers te slaag (wat hier in die VSA by net by drie sentrums afgelê kan word), noem dat 85% van die kandidate van die Verre Ooste, Indië (veral) en van die Midde-Ooste afgkomstig is.
Met elke eksamen is daar `n paar honderd kandidate per sentrum wat die eksamen skryf (twee maal per jaar). Die invloei wat my professie betref, is duidelik vanuit die Ooste. As ek maar sien hoeveel dokters van Indië en Pakistan hier is, glo ek dit geld vir die ander professies ook. Ek kan egter net praat van die staat Wisconsin, waar ons woon. Ons het twee maal in die verlede probeer om met die "gratis" Greencard Lotto ons kaarte te wen, maar was onsuksesvol. Jy moet `n foto van jouself instuur met jou aansoek om deel van die Lotto te wees, asook noem wat jou opleiding behels, dus kan die owerhede sien hoe jy lyk as hulle sou wou.
Dikwels loop ek swartes raak in die apteek en op straat wat van Afrika af ook hier in die VSA woon en werk. As ek vra hoe hy hier beland het, sê hy dat hy die "Greencard Lotto" gespeel het. Wel, hierdie Boere-gesin het hom ook gespeel, maar ons is nie geloot nie. Ek het nog altyd gewonder hoekom Amerika die Lotto het, want verseker word nie net die "room" uit die buiteland hier toegelaat nie. Ek dink Dan Roodt het `n skitterende ontleding van die Obama veldtog en oorwinning gegee. Baie (liberale) blankes hier in die noorde van die VSA is gaande oor hom, maar daar is ook baie wat uiters skepties is. Hulle is egter tjoepstil, want om hier van rassisme beskuldig te word is erger as hoogverraad. `n Ontleding soos wat Dan gegee het, sal hier uitmekaar geskeur word.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





