praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Owerheidsaggressie maak Afrikaners woedend

Owerheidsaggressie maak Afrikaners woedend

E-pos Afdruk PDF

Die verbysterende en blatante aggressie waarmee die owerheid voortgaan om Afrikaansmediumskole te vernietig, maak Afrikaners woedend. Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit (Mookgophong) is die nuutste slagoffer in die regering en sy miserabele Onderwys Departement se visier. Die skool se beheerliggaam word nou gedwing om die status van dié skool na dubbelmedium te wysig.

Ons het Donderdag 15 Januarie gesien hoe die SABC ingespan word om Hoërskool Hans Strijdom se beheerliggaam op televisie as rassiste voor te stel in die aanskyn van arme swart “Engelse” kindertjies wat in die skool se uniform met slagspreuke paradeer waarin hulle aandring om tot die skool toegelaat te word. Dit, terwyl dié betrokke kinders reeds daar skoolgaan!

Mnr Athol Saunders, voorsitter van die beheerliggaam se vrees dat die skool se waardestelsel, etos, Calvinistiese basis, dissipline en hoë onderrig standaarde verwater sal word indien die skool na dubbelmedium oorskakel, is nie ongegrond nie.

Die staat doen slegs lippediens aan moedertaalonderrig en die swak matriekuitslae is onder andere die gevolg daarvan.

Verder behoort dit nou vir almal duidelik te wees dat die owerheid, deur die vernietiging van Afrikaansmediumskole, besig is om ons taal Afrikaans te vermoor.

Tans is slegs 3% van alle skole in Suid-Afrika suiwer Afrikaans.

Volgens mnr Louis Smuts van Tabok sal daar teen die huidige tempo in 2012 geen Afrikaansmediumskole oor wees nie.

Het die tyd nie dalk aangebreek dat die Afrikaner saamstaan om die euwel hok te slaan?


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: