praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe 'ANC' reeds deel van spreektaal

'ANC' reeds deel van spreektaal

E-pos Afdruk PDF

07:38:28 In beginsel stem ek saam dat daar na so veel moontlik Afrikaanse woorde gesoek moet word, maar aan die ander kant het die afkorting "ANC" al so deel van die spreektaal geword, dat die skielike verandering effens vreemd op die oor val.  Ons moes dit as't ware jare gelede reeds verander het.

Maar, so van die Hollanders gepraat......dit hinder my dat die Nederlanders en Duitsers na die swartes as "Afrikaners" verwys, en na dinge van Afrika as "Afrikaanse" verwys.

Moet ons nie liewer vir ons 'n nuwe naam uitdink wat minder (of geen) verwarring kan saai nie?
 
Ook die naam "Boer" skep soms verwarring, alhoewel nie soveel as "Afrikaner" nie.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: