praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Ruil Pretoria en 'Tshwane' om

Ruil Pretoria en 'Tshwane' om

E-pos Afdruk PDF

Pretoria is ons Thermoypylae, deur Gustav Venter verwys. "Die suksesvolle generaal is een wat die terrein van die naderende veldslag kies. Laat Pretoria dit vir ons wees."

Dis te laat om die terrein te kies.
Vir die veldslag teen die Afrikaner se ou kultuur, het die ANC Pretoria klaar  gekies. Die land word reeds geteister deur nasionale Tswhane-indoktrinasie. Die kersie op die ANC se puik propagandakoek is die "behoud" van die naam Pretoria, slegs vir die pikswart stadsentrum. Dis geniaal gedoen.  Ons moet ook so slim wees.
 
Swart leiers is propaganda-polities gesien meer intelligent as Afrikanerakedemici met minder instink. Hulle weet: Johannesburg is 'n stad, Pretoria is 'n simbool. 
 
Simbole van die Afrikaner se geskiedenis en staat word gehaat, want die orde, dissipline en beskawing daarvan vorm 'n skrille kontras met die nuwe kultuur en sy skrikwekkende kriminaliteit. Daarom moet die veel veiliger ou orde vergeet word. Op Wikipedia staan die ANC se proses van vergeet bekend as "Damnatio Memoriae".
 
Engelse Afrikane se eindpaal is om Pretoria vir ewig uit hul geheue met die parlement se rubberstempel uitgevee te kry. Wikipedia Tswhane toon die tegniese detail van die politieke proses:
 
"On the 26 May 2005 the South African Geographical Names Council unanimously approved a recommendation by the Tshwane Metro Council that the name Pretoria be changed to Tshwane.

The legal process involved is as follows:

  1. Recommendation to the Geographical Names Council.
  2. Council approves / rejects recommendation (Approved - 26 May 2005).
  3. Council gives its recommendation to Arts and Culture Minister Pallo Jordan.
  4. Minister approves / rejects recommendation.
  5. Approved / rejected name is published in the Government Gazette.
  6. Any person or body unhappy with the name change can complain within 1 month of above.
  7. The minister can consult the Geographical Names Council with concerns raised.
  8. The minister's decision, along with the reasons for it, are published
  9. The minister will then take the matter before parliament where the central government will decide on whether to change the name or not based on the information before it.

Some controversial groups have attached themselves to the Pretoria name-change issue, including the trade union Solidarity [8]]. Solidarity and the Pretoria Civil Action Committee have threatened legal action should the name change be recommended by the minister.

As of November 2007 the name change has not yet been approved or rejected by the minister (step 4 above).

Early August 2007, it was reported in the press that the Municipality, after consulting with the Gauteng provincial government had withdrawn the application to change the name, ...."

'n Afrikanerleier kan dus nou kies: wil hy op die Pretoria-terrein sy volksveldslag voer of nie? 
 
Van kardinale belang: kan hy die Minister van Kultuur tot aksie motiveer, en in 'n lokval lei? Dis wat 'n jong Andries Pretoria in 1838 gedwing was om te doen, maar meer daaroor onder.
 
Die bepalende vraag is: kan 'n Praagaksie die naam Pretoria tot 'n internasionale oorwinning lei?
 
Indien nie - dan mag geen Praagpolitiek oor Pretoria gepleeg word nie. Slegs 'n veldslag wat gewen kan word, mag gevoer word. 'n Slag wat nie gewen kan word nie, mag nie gekies word nie, anders word geld en energie verspil, en die moraal van die volk vernietig.
 
Indien 'n oorwinning wel moontlik is, moet die gereedskap getoon, en mense van die meriete oortuig word. 'n Werkbare Pretoriaplan behoort in besonderhede gepubliseer word. Byvoorbeeld die tydskaal:
 
Tydens 2010 vind die Wereldbekersokkertoernooi in Suid-Afrika plaas. Dis die beste tyd om Pretoria in die openbaar te adverteer.
 
Die nasionale simbool van Pretoria is die Voortrekkermonument. Die Voortrekkermonument is 'n internasionale toeriste-aantreklikheid. Die Voortrekkermonument is die 8ste Wonder van die moderne Wereld.
 
Internasionale toeriste behoort tydens die 2010 Sokkertoernooi in Pretoria verwelkom word met die woorde: 8th Wonder of the World - Welcome to Pretoria. So 'n reuse bemarkingsbanier moet so sigbaar soos die Voortrekermonument self wees. As 'n seksie dame op die senotaaf gefotografeer kan word, dan moet dit moontlik wees om met Generaal Opperman en die Vriende van die VTM se toestemming, die VTM tydelik as 'n aktuele advertensiebord vir Andries Pretoria te gebruik, ter bevordering van internasionale toerisme na Suid-Afrika deur die bemarking van die beroemde monument en sy man: Andries Pretoria.
 
Sonder Andries Pretoria sou daar geen Gelofte gewees het nie. Geen Gelofte, geen VTM nie.
 
Hierdie vier gaan saam en vorm een groter geheel: Pretoria, Andries Pretoria, die Gelofte, en die VTM as sigbare simbool van Pretoria.
 
'n Geintegreerde propagandaplan is dus gepas. Elektroniese Praagartikels in Engels is nodig om die verband tussen die VTM en Andries Pretoria sigbaar aan te toon.
 
Fotoverhale op die internet moet illustreer hoe Andries Pretoria met Prins Mpande saamgewerk het om Dingaan se mag te verminder. So het Andries Pretoria die Zoeloekoningshuis in Kwazulu van seker uitwissing gered, tot vandag toe.
 
Andries Pretoria en die Zoeloeheld Generaal-Indoena Ndlela se persoonlike samewerking op 16 Desember 1838, het die einde van Dingaan se tirannieke diktatorskap oor die vrye volke van Suid-Afrika, en die vooruitgang van Suider-Afrika self verseker. So 'n aktuele artikel deur Dan Roodt sal beide wit ens swart geskiedskrywers met meer rede en rasionaliteit oor Andries Pretoria se geniale Gelofte laat besin.  
 
Andries Pretoria se hele lewe en strewe was vir die ontwikkelling van Afrika, teen bose Britse Kolonialisme en parasitiese Engelse Imperialisme, en is internasionaal nastrewingswaardig. 
 
Om die stad wat na Andries Pretoria vernoem is se naam nou te probeer verander is 'n misdaad teen die mensdom, 'n ANC-aanslag teen die vreedsame naasbestaan van alle Afrikavolkere en hul onderlinge samewerking tot die ontwikkelling van Afrika en al sy inheemse mense, -Afrikane en Afrikaners.  
 
Andries Pretoria was 'n Praetorpionier: 'n Afrikanerleier vir Afrika, wat met Prins Mpanda en Generaal-Indoena Ndlela saamgewerk het om Afrika te bevry van korrupte sentralistiese regering.
 
Dis gepas dat die Hoofstad van Afrika na hom vernoem is, want God seen Afrika, deur Andries Pretoria.
 
Op Andries Pretoria se geniale Geloftedag, skyn die son op die sarkofaag om God se belofte te verlig: ONS vir jou Suid-Afrika.
 
Praag, Afriforum, en die FAK saam kan nog ander Afrikanerorganisasies beinvloed, en moet by monde van Danie Goosen van die FAK 'n akkomoderende wen-wen-skrywe aan die Geografiese Naamraad rig, waarin voorgestel word dat die name Pretoria en Tswhane net eenvoudig omgeruil word.  
 
Dus Pretoria, die sentrale middestadgedeelte moet eerder Tswhane genoem word, en die groter stad Tswhane weer Pretoria. Dan sal Andries Pretoria en die VTM as internasionaal bekende toeristebestemming weer in Pretoria staan, waar hulle hoort. Dit sal die staat en dus die belastingbetaler astronomiese verskuiwingsonkostes spaar. Dis veel goedkoper om Oom Paul na Pretoria te verskuif, en dan in sy plek en in die middel van Tswhane 'n standbeeld vir hoofman Tswhane op te rig.
 
'n Openbare beroep kan dan direk en bo-oor die antikultuurkop van Pallo Jordan op Jacob Zuma gedoen word om die verdelende Pretoriaspanning permanent te ontlont voor die komende algemende verkiesing.
 
Indien Zuma nie sy mening wil lug nie, moet President Kgalema Motlanthe in Zuma se plek versoek word om te reageer voor die 2010-Sokkertoernooi en al sy internasionale toeriste wat Pretoria as die stad van die Voortrekkermonument ken.  
 
Intussen moet die geskiedenis van Andries Pretoria, Prins Mpande, Generaal-Indoena Ndlela en die oorlewende Zoeloekoningshuis behoorlik bestudeer en in die openbaar gedebatteer word. Geloftedag val nie maar net uit die lug uit nie. Andries Pretoria self het sy Gelofte alreeds 'n week voor die strategiese laertrek langs die Ncomerivier voorgestel, maar hoe het hy so seker geweet dat Generaal Ndlela hom gaan help op die komende Sondag van 16 Desember 1838?
 
Het Andries Pretoria toe reeds 'n politieke alliansie saam met Prins Mpande gehad? Hoe kon Andries Pretoria die spesifieke terrein gekies het, as hy nie seker was dat sy alliansievennoot Prins Mpande se beskermheer en lewensgetroue vriend, Generaal-Indoena Ndlela, daar ook saam met hom gaan werk deur geko-ordineerd en tydsberekend "aan te val" nie?
 
In die Heldesaal van die Voortrekkermonument sit Andries Pretoria en Prins Mpande vreedsaam saam. Maar moet die grootste held op 16 Desember en Geloftedag in die Voortrekkermonument van Pretoria, nie God se eie Generaal: Indoena Ndlela kaSompisi wees nie?
 
Geen swartmens of witmens, Afrikaner of Afrikaan, het die goddelike reg om die verstaanbare geskiedenis van God te ontken of te verander nie. Ook nie die gepaardgaande plekname ter nagedagtenis van sy unieke diensknegte en voortrekkers vir Afrika, soos Generaal-Indoena Ndlela en Andries Pretoria nie. Hulle historiese lewe, regstellende strewe en titaniese stryd teen die moordenaar Dingaan moet gerespekteer word, en nie die mensgemaakte mites van vandag se moderne mislukkings nie.
 
Viva Pretoria en Afrika!

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: