06:49:24 Ek sien u vertaal die nuwe swart party se Congress of People-naam met "Volkskongres" - hoofletter ook nogal!
Vir 'n pro-Afrikanerpublikasie is dit darem 'n treurige en betreurenswaardige vertaling. Die woord "people" het in Engels en ook by die ANC nog nooit in der ewigheid die begrip "volk" omsluit nie. Hulle bedoel eerder daarmee "mense" of die "bevolking".
Die begrip "volk" - veral soos dit verwys na die Afrikanervolk - is vir hule 'n vloekwoord.
Gebruik dan maar liewers die Engelse benaming in u berigte.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





