Naspers se Afrikanerverraad is oor die afgelope paar weke met nuwe skokkende voorbeelde gedemonstreer. Bo en behalwe die normale Afrikanerverguising en ontkenning van die krisis waarin ons volk verkeer, het veral twee voorbeelde my getref.
Die eerste is Tim du Plessis se rubriek waarin hy beweer dat daar geen verband tussen plaasmoorde en ras bestaan nie. Du Plessis staar hom blind teen die feite dat plaasmoorde teen die agtergrond van 'n regimebeleid van plaasonteienings plaasvind. Daarby kom nog die konstante opsweping van die massas met beloftes van grond en dan natuurlik ook die gereelde uiting van die slagspreuk "Kill a Boer, Kill a farmer".
Die feite is egter selfs meer spesifiek, want die oorlewendes getuig dikwels van die rassistiese opmerkings wat die swart geweldenaars jeens hulle gemaak het. Asof dit nog nie vir Tim oortuig nie, is daar ook die ekstreme en obsene geweld en marteling waaraan die slagoffers blootgestel word. Die militêre presisie van die aanvalle getuig ook van 'n moontlike georkestreerde veldtog. Voeg daarby die werklikheid dat die aanvallers altyd swart is en die slagoffers bykans altyd blank.
Tim is egter so blind vir die keiser se naaktheid dat hy geen van hierdie strak werklikhede raaksien nie. Die groot sonde is eerder 'n satiriese video wat deur Kovsie-koshuisstudente gemaak is. Du Plessis se flagrante miskenning van die milieu waarin plaasmoorde plaasvind maak dit maklik vir hom om te ontken dat plaasmoorde in wese politiek geïnspireerde haatmisdaad is. Hy kyk anderpad en die gevolg is 'n sluier van leuens wat oor die makabere, rassistiese verskynsel van plaasmoorde getrek word. Een van die eienskappe van volksmoord, aldus Genocide Watch, is die ontkenning dat dit plaasvind. Is die deelname van 'n vername koerantbaas aan hierdie ontkenning nie krimineel nie?
Die tweede geval van erge verdraaiing is die wyse waarop Naspers die 'Mbeki-brief' gerapporteer het. Die brief wat in die geheel met groot vaardigheid vertaal is, het baie "toevallig" Mbeki se stelling dat die ANC moet voorkom dat die nuwe swart heersersklas met die blanke heersersklasse saamwerk, uitgelaat. Vroeër in die vertaling is ook 'n gedeelte uitgelaat, maar daardie gedeelte maak geen rassistiese stellings nie. Interessant genoeg gee die koerant dan gehoor aan etiese joernalistiek deur te verklaar dat die betrokke stuk weggelaat is. Hierdeur word die wanindruk geskep dat enige weglatings uit die brief vermeld sal word. Tog, wanneer dit by Mbeki se anti-wit rassistiese stellings kom, word die betrokke weglating bloot verswyg. Hierdeur mislei Naspers doelbewus sy lesers.
Terug by Tim du Plessis se gehate stelling: Gelukkig het heelwat lesers met groot verontwaarding op Tim du Plessis se ontkenning oor die werklike aard van plaasmoorde gereageer. Uit die "blog"-reaksies is dit ook duidelik dat Tim onder 'n groeiende getal lesers baie ongewild is, om dit sagkens te stel. Ten minste twee deelnemers op Tim se blog spreek die hoop uit dat hy ook 'n slagoffer van misdaad sal raak. Wie kan hulle blameer, gegewe hoe emosioneel die meeste mense nou al oor hierdie traumatiese stand van die land voel?
Dit is duidelik dat Afrikaners geen erg aan Naspers se konstante linkse propaganda het nie. Tog hou Naspers onverbiddelik daarmee aan. Miskien is dit tyd dat mense daadwerklike openbare aksie teen Naspers begin neem.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





